Wind kan jy nie sien nie
Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. (Handelinge 2: 1-4)
Wind kan jy nie sien nie –
niemand sien dit raak.
Maar wanneer ons luister,
hóór ons hoe dit maak.
Wie kan God se Gees sien?
Niemand kan Hom sien!
Maar wanneer ons luister,
leer Hy ons Hom dien.
Wind kan soveel doen, dit
dryf die wolke heen;
dit beweeg die seë
en dit bring die reën.
God se Gees doen soveel –
leer ons God vertrou;
leer ons om te luister
en op Hom te bou.
Kom ons sê vir elkeen:
Bid tot God die Heer,
dat Hy ons sy Gees gee –
dat Hy ons sal leer.
(Elsabé Kloppers,
Gesang 443: 1-5, Liedboek van die Kerk)