Ds C (Chris) le Roux van Stellenbosch/Worcester het sy PhD in Semitiese Tale aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Die titel van sy proefskrif is ’n Retories-kritiese studie van die verhaal van Bashir (Leiden Oriental Ms 951(2)). Die gradeplegtigheid sal virtueel in April/Mei vanjaar plaasvind.
Ds JG (Hannes) Janse van Rensburg van Zuurfontein het sy PhD in Missiologie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Die titel van sy proefskrif is Brugbediening in vakante gemeentes gemik op ’n missionale fokus: ’n Holistiese benadering deur ’n multifokale lens. Die gradeplegtigheid sal virtueel in April/Mei vanjaar plaasvind.
Ds A (Antionette) Janse van Rensburg (Kapelaan/Montana) het haar PhD in Kerkgeskiedenis en Kerkreg aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Die titel van haar proefskrif is Reformatoriese kerke se besluite oor homoseksualiteit kerkregtelik beoordeel. Die graad word op 14 April vanjaar toegeken.