U ken my angs
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het (Psalm 13: 2, 3 en 6, AFR1983).
Moet jy stry teen moeilikhede,
kind van God, vertrou op Hom;
Hy beantwoord jou gebede;
Hy ken jou omstandighede.
Hy omskep jou smart in vreug;
jy kan jou in Hom verheug.
Bou in kommervolle dae
al jou hoop op Hom alleen;
Hy hoor al jou sugte, klae.
Hy ken al jou angs en vrae
deur die swaarste teenspoed heen –
Hy kan help, ja, Hy alleen.
(Gerjo van der Merwe,
Gesang 576: 1-2, Liedboek van die Kerk)