Aan U die eer

Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, oor u troue liefde, oor u bestendigheid (Ps 115: 1, AFR2020).

Grote God, aan U die eer!
Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit;
heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou,
U is ewig en getrou.

(Gesang 190: 1)