Die Gemeente Panorama, saamgesmelt uit gemeentes Witrivier, Sabie en Hazyview nooi aansoeke in vir die vul van ’n deeltydse predikantswerkruimte binne die gemeente wat tans drie bedieningspunte het. Aansoeke word ingewag van gelegitimeerde en geëmeriteerde predikante van die NHKA.
Die aangestelde predikant sal verantwoordelik wees vir die bediening van die drie bedieningspunte, Witrivier, Sabie en Hazyview, wat tans op die volgende basis geskied; twee eredienste elke Sondag, een in Witrivier en een om die beurt by Sabie en Hazyview met lewendige stroming tussen Sabie en Hazyview.
Pastorie beskikbaar in Sabie, maar eie verblyf in die nabyheid van enige van die drie dorpe kan ook oorweeg word.
Die aanstellingstermyn is oop vir onderhandeling. Die dienstermyn begin op 1 Januarie 2027.
Vergoeding: ʼn Maksimum van R300,000.00 per jaar of volgens traktementskale met inagneming van die aantal werksdae wat ooreengekom kan word indien die deeltydse opsie oorweeg word.
Sluitingsdatum: 30 September 2026. Kortlys-kandidate sal versoek word om ’n erediens by die Witrivier-bedieningspunt te lei.
Navrae en aansoeke: Aansoeke, vergesel van ’n volledige CV, moet aan ds Willem Breytenbach gestuur word by willem.breytenbach@outlook.com. Vir verdere navrae kan ds Willem Breytenbach by 083 701 9852 of Jurie Snyman by 013 750 1070 gekontak word.