Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) nooi geskikte en dinamiese kandidate uit om aansoek te doen vir die pos van Rekenmeester: Grootboeke.
Hoofdoel van die pos:
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur en beheer van die NHKA se finansiële
transaksies en rekonsiliasies rakende grootboeke, kontrolerekeninge, beleggings, trustrekeninge, asook finansiële verslagdoening. Die rol vereis ‘n persoon met sterk tegniese rekeningkundige kennis, uitstekende aandag aan detail en die vermoë om finansiële prosesse voortdurend te verbeter.
Belangrike Verantwoordelikhede:
- Bestuur en instandhouding van grootboeke en joernaalinskrywings.
- Rekonsiliasie en monitering van kontrolerekeninge.
- Opstel van finansiële ontledings ter ondersteuning van verslagdoening.
- Maandelikse rekonsiliasie van beleggings en trustfondse.
- Koördinering van die eksterne ouditproses en handhawing van interne finansiële kontroles.
- Verbetering van finansiële stelsels en prosesse.
- Ondersteuning met betalingsmagtigings en elektroniese bankgoedkeurings.
- Bestuur van maandeinde- en jaareindeprosesse.
- Instandhouding van die bateregister en verwante rekonsiliasies.
- Opstel en monitering van begrotingsafwykingsverslae
- Ondersteuning aan junior finansiële personeel en die senior rekenmeester (indien van toepassing).
Minimum vereistes
- BCom-graad met Rekenkunde III of ’n verwante kwalifikasie.
Ervaring:
- Minimum 5 jaar toepaslike ervaring.
- Bewese ervaring in finansiële rekordhouding en verslagdoening.
- Sage 300/Accpac-ervaring sal dien as sterk aanbeveling.
Vaardighede en eienskappe:
- Uitstekende analitiese en probleemoplossingsvaardighede.
- Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail.
- Sterk skriftelike en mondelinge kommunikasievermoë.
- Vermoë om onder druk te werk en sperdatums te haal.
Tegniese vereistes:
- Gevorderde kennis van Microsoft Excel.
- Gevorderde kennis van Sage 300.
- Ervaring in finansiële modellering sal voordelig wees.
Aansoeke:
Belangstellende kandidate word uitgenooi om hul volledige CV en ondersteunende dokumentasie in te dien. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Oktober 2026.
Navrae:
Senior Rekenmeester
Tel: 082 8030 572
E-pos: pieter@nhk.co.za
Die NHKA behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.