Rata se Ride-for-a-child– en Run-for-a-child-aksies samel fondse in vir kinders in nood. Volg die deelnemers, borg ’n hardloper of neem deel aan die veiling en help om Rata se werk te ondersteun.

Ride-for-a-child

Vanjaar se ryers pak die Munga-uitdaging aan. Die span bestaan uit Annatjie van Wyk (soloryer), en die Équipe (span) bestaan uit Christo Cilliers, Jacques Leipoldt, Arnold Cilliers, Thierry Beheydt en Riaan Loots. Ds Theuns Botha en Hannes Bester dien as spanbestuurders.

Volg die ryers en sien die roetekaart op die Munga se amptelike 2026-volgblad:
https://themunga.com/themunga2026-tracking/

Besonderhede oor Ride-for-a-child en hoe om by te dra:
https://plesion.org.za/rideforachild/

Foto’s van die rit:
https://photos.google.com/share/AF1QipNt5c5R9w2aND8NULGavCqF0_4PnupkgFyy2K7uXxL5mHSROFZdH909MvbE5jSbww?key=MTBUUDR5VTdCQm9RRDZWYzdUMC1GRWFIQUFDWnB3

Run-for-a-child

Die Run-for-a-child-span het Woensdag 25 November vanaf ATKV-Buffelspoort weggespring om 260 km in 26 uur aan te durf. Hiermee beoog hulle om R260 000 vir Rata in te samel. Die span sluit onder andere dr Martin Janse van Rensburg (Delmas), ds Johnny Young (Rustenburg-Tuine) en ds Stephen de Beer (Noordwestelike Pretoria) in.

Volg die hardlopers se vordering regstreeks op die live tracker:
https://bit.ly/runforachild

Kry ook opdaterings op die WhatsApp-kanaal:
https://whatsapp.com/channel/0029VbCfGYG90x2oVvRSqk11

Borg ’n hardloper: Besoek die Run-for-a-child-blad en klik op die groen borgknoppie langs die deelnemer wat jy wil ondersteun. Gebruik die Donate Now-skakel as jy ’n ander bedrag wil skenk:
https://plesion.org.za/runforachild/

Auction for a Cause

Bie op ’n fietsligpakket ter waarde van ongeveer R2 500. Die pakket sluit ’n NOVA-voorlig, ’n LUMA-agterlig, ’n PEAK-koplig en ’n ekstra herlaaibare battery in.

Die beginbod is R1 000, met verhogings van minstens R50. Plaas jou bod in die kommentaar onder die veilingplasing op die Facebook-blad Ride-for-a-child – Light-for-a-child. Die hoogste geldige bod teen Maandag 30 November 2026 om 12:00 wen. Die wenner word Dinsdag 1 Desember op Facebook aangekondig.

Gaan na die Facebook-blad en soek die veilingplasing:
https://www.facebook.com/Ratarideforachild/

Deel gerus die plasing, volg die deelnemers en help ons om lig en hoop aan kinders in nood te bring. Elke bydrae maak ’n verskil.