Op die openingsaand van die AKV is die HCM Fourie-erepenning toegeken aan prof WA (Wim) Dreyer en dr BJ (Barry) van Wyk. Die oorkondes aan prof Dreyer en dr Van Wyk gee erkenning vir hul toegewyde en voortreflike bydrae aan die NHKA op akademiese en kerklike terrein.

Dinsdag 4 Oktober het dr AG (André) Ungerer ’n oorkonde namens die 73ste AKV oorhandig aan prof HJB (Bernard) Combrink as erkenning vir sy enorme bydrae op die terrein van Bybelvertaling.

Dinsdag 4 Oktober het prof WA (Wim) Dreyer die SP Engelbrecht-erepenning (Goud) oorhandig aan prof IWC (Natie) van Wyk. Met dié toekenning betuig die Kerkhistoriese Genootskap dank en waardering vir voortreflike kerkhistoriese navorsing in en vir die Suid-Afrikaanse konteks.

Prof WA (Wim) Dreyer

Prof WA (Wim) Dreyer

HCM Fourie-erepenning

Dr BJ (Barry) van Wyk

Dr BJ (Barry) van Wyk

HCM Fourie-erepenning

Prof IWC (Natie) van Wyk

Prof IWC (Natie) van Wyk

SP Engelbrecht-erepenning

Prof HJB (Bernard) Combrink

Prof HJB (Bernard) Combrink

Oorkonde