Sedert November 2024 het die NHKA twee predikante aan die dood afgestaan.

Prof AG (Andries) van Aarde is op Maandag 25 November 2024 oorlede na ’n uitgerekte siekbed. Sy gedenkdiens het op 6 Desember te Gemeente Pretoria-Oos plaasgevind. Hy was voorheen werksaam in Gemeentes Roodepoort en Fonteinedal. Hy was sedert 1984 betrokke by die Universiteit van Pretoria waar hy professor in in Nuwe Testament was. Hy was ook die hoofredakteur van HTS Teologiese Studies van 1985 tot 2023. Hy aanvaar siekte-emeritaat in 2005 en emeriteer in 2016. Prof Van Aarde het ’n diepgaande impak op teologie en die breër godsdienstige gemeenskap nasionaal en internasionaal gemaak. Lees gerus die huldeblyke by https://nhka.org/artikels/ wat tydens sy troosdiens gelewer is, asook prof Tanya van Wyk se huldeblyk op bl 6 van hierdie uitgawe.

Dr WA (Willie) Strydom is Dinsdag 14 Januarie oorlede nadat hy die afgelope paar jaar met slukdermkanker geworstel het. Sy troosdiens het op Vrydag 17 Januarie te Gemeente Eikenhof plaasgevind. Hy was werksaam in die volgende gemeentes: Upington/Postmasburg, Primrose, Eikenhof en Eikenhof/Johannessburg-Suid. Hy aanvaar vervroegde emeritaat in 2023, maar dien weer in 2024 in Gemeente Eikenhof. Dr Strydom het in 2000 sy gemeentewerk tydelik opgeskort om in Kanada opleiding in spelterapie te ontvang. Hy het van 1999 tot 2004 op ’n deeltydse basis as traumaberader by Netcare Milpark se traumaeenheid gewerk en van 2004 tot 2024 by Netcare Mulbarton se traumaeenheid. Hy het ook sedert 2012 ’n private beradingspraktyk bestuur.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap