Gemeentes kan nou bestellings plaas vir die Bybel 2020. Die Bybel word amptelik bekendgestel op Sondag 29 November.

Die swart hardeband standaarduitgawe kos R129 en die leer-sagtebanduitgawe R329. Daar is nog nie ’n grootdrukweergawe beskikbaar nie. Daar is ook ’n uitgawe van die 2020 Bybelvertaling met die deuterokanonieke boeke (apokriewe) daarby beskikbaar. Die uitgawe het ’n hardeband kleuromslag en kos R229.

Daar bestaan nie so iets soos ’n “kleinletteruitgawe” nie. Die amptelike naam is: Die Bybel 2020-vertaling. Die naamwoorde vir God en Jesus is deurgaans met hoofletters gedruk in die Bybel 2020-vertaling. Die uitgawe waarna verwys word as die hoofletteruitgawe is ’n spesiale besending wat gedruk is vir kerke wat daarvoor gevra het. Dit is die uitgawe waarin hoofletters wat in Ou Testamentiese tekste in die geval van bepaalde name en voornaamwoorde (soos Dienaar, Hy, Hom) wat in die 1933/53-vertaling met hoofletters gedruk is, so behou word, asook in dié Ou Testamentiese tekste wat deur skrywers in die Nuwe Testament op Jesus as die Christus van toepassing gemaak word. Hierdie uitgawe stem verder in alle opsigte ooreen met die Bybel 2020-vertaling. Iemand wat die hoofletteruitgawe wil hê, moet self spesifiek daarvoor vra. Oor die algemeen sal ons in die Nederduitsch Hervormde Kerk dus gewoon die Bybel 2020-vertaling bestel.

Hier is die kodes wat gebruik kan word om bestellings by salesnr4@biblesociety.co.za te plaas:

 

9780798224185 

 

AFRIKAANS 2020-vertaling, volledige Bybel, mediumgrootte, swart hardeband

 

R129 

9780798224192 

 

AFRIKAANS 2020-vertaling, volledige Bybel, mediumgrootte, luukse bruin verwerkte leeromslag, goud-op-snee, duimindeks

 

R329 

9780798224222 

 

AFRIKAANS 2020-vertaling, volledige Bybel met deuterokanonieke boeke, mediumgrootte, volkleur hardeband

 

R229 

Share via
Copy link
Powered by Social Snap