Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wil graag langs hierdie weg die predikante van die Kerk bedank vir u toegewyde werk onder moeilike omstandighede.

Baie van u is self moeg en emosioneel gedreineer na 18 maande van ongewone en moeilike omstandighede. Tog bied Covid die Kerk ’n geleentheid om te dien en nóú ’n verskil te maak in mense se lewens – daarvan getuig talle lidmate.

Die Kommissie bedank u vir u onselfsugtige onder-steuning van lidmate en die gemeenskap wat op verskillende maniere deur die Covid-19-pandemie geraak word in siekte en dood en ontbering.

Dr WC van Wyk
Sekretaris: Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Namens Skriba: Ds WJJ Kok

Share via
Copy link
Powered by Social Snap