Geagte Redakteur

Gewaardeerde (en geliefde) Redakteur, om in hierdie onstuimige tyd waarin ons leef soveel wat eers vanselfsprekend was, te moet prysgee, maar steeds Die Hervormer te mag vashou en lees, is ’n BAIE groot voorreg! Ons eksemplaar het hierdie maand bo-op ’n sakkie gedopte grondbone van ons dierbare diaken, deur ons ouderling afgelewer, by ons uitgekom. Soos altyd kos vir die siel! Hierdie uitgawe (Julie 2021) is besonders, veral die aktuele artikel oor die Covid-19-vaksiene. Ons kon ander ook daarmee help en inlig. Wat ’n seën!

Maar dit is die Stoepstorie, “Wat doen dominees in die pandemietyd?”, wat my hart gevul het. Weet asseblief dat ons, wat soms ’n glimpie kry van wat in ons dominees se lewens aangaan, absoluut verbyster is oor alles wat hulle volhou om te doen. Ek wens elke lidmaat kon in ’n massakoor hulle toesing: Laat Heer u seën op hul daal…

Mev Kobie Swanepoel, Waterberg

Share via
Copy link
Powered by Social Snap