Die Hervormer
Januarie/Februarie 2023 | Jaargang 115 | Nommer 8
Vertrou, dien en bou
Niemand van ons weet hoeveel dae van 2023 ons gaan beleef nie. Ons tyd is nie in ons eie hande nie. God is die Beskikker van ons lewenslot. Elke dag is gawe uit sy hand en om elke dag te kán lewe, is net vanweë die genadige beskikking van die lewende God.
Die Hervormer: Uitdagings en verwagtinge
Die bewering dat tussen vier- en vyfhonderd mense die erediens bygewoon het die vorige Sondag, word met ongeloof begroet: Daar was kwalik 50! skat iemand. Maar 50 ís tog tussen 4 en 500! kom die antwoord blitsvinnig.
Begin van die kalenderjaar
Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. (Jesaja 45: 5, AFR1983)
Uit die Woord
Ek is die Here
Hoe kan die Kommissie van die AKV help?
Die jongste lidmaatsyfers toon dat die daling in lidmaattalle begin afplat: Die Hervormde Kerk het tans feitlik 58000 belydende lidmate en byna 14000 dooplidmate.
Drie nuwe predikante vir die NHKA
Op 17 November 2022 is Louizé de Beer, Lamé Janse van Rensburg en Wilma Lötter-Matthee gelegitimeer en as proponente tot die NHKA toegelaat. Elkeen vertel hier ’n bietjie meer oor haarself.
Die Afrikaanse Kerkboom
Die bestaan van die drie susterskerke en verwante kerke spruit uit die landing van Jan van Riebeeck en sy 90 mede-Nederlanders in April 1652 aan die Kaap.
Beginsels wat geld wanneer reformatoriese kerke besluite neem
Dr Antionette Janse van Rensburg het aan die begin van 2021 ’n PhD-graad in Kerkgeskiedenis en Kerkreg behaal.
Die dag toe my Bybel pap geword het
Lank-lank gelede het predikante tydens huisbesoek die lidmate se Bybel gevra en daaruit gelees. Dit was om te sien of lidmate ’n Bybel besit en gebruik.
Van kerke, sinagoges en begraafplase
Lank reeds glo ek dat die padreis ’n integrale deel is van die vakansie. Dit hang natuurlik af of ’n mens oor die nodige tyd en middele beskik, maar in die seldsame gevalle waar die twee wel beskikbaar is, belowe ’n oornaggeleentheid langs die grootpad om ’n interessante belewenis te wees.
Gelykenisse of ongelykenisse? Die versteekte stemme van vroue in die verhale van Jesus
My ma was die liefdevolste mens wat jy ooit sou ontmoet.
’n Terugblik op Voortrekkertehuis
Op 19 November 2022 het daar na ’n aantal jare weer ’n reünie van die manskoshuis Voortrekkertehuis in Pretoria plaasgevind. Voortreflike reëlings is getref deur Pieter Kok en sy vrou, Marietjie. Anders as in ons studentejare was dit nie nodig om te kla oor die kos nie – die kos en alles was uit die boonste rakke.
Stoepstories: Wat’s in ’n naam?
Pregnante Petra Poggenpoel van Philippolis vra: Beste Oupa Stoep, ek verwag my eersteling en ons het nou ’n hewige twis in die familie oor wat die baba se naam moet wees.