Maandag 21 September – Bid, vra, doen, herhaal

1 Samuel 30: 1-8

Het jy al iets beleef dat jy net kon huil totdat daar niks oor is om mee te huil nie? Dalk ’n verlies of skoknuus wat jou heeltemal platgeslaan het? Dawid het ook só ’n oomblik beleef en hoe hy dit hanteer het, gee ons vandag rigting en hoop.

In die teksgedeelte vlug Dawid vir Saul en vestig hom met 600 manskappe in Siklag, in die land van die Filistyne. Hulle veg as huursoldate. Maar een dag, toe hulle moeg terugkeer, vind hulle Siklag afgebrand. Die Amalekiete het hul vroue en kinders ontvoer. Hulle huil tot hulle nie meer kan nie. Dawid self het alles verloor en sy manne wil hom doodmaak.

Tóg lees ons van ’n keerpunt: Maar Dawid het homself versterk in die Here sy God (1 Sam 30: 6, AFR33/53).

Dawid doen drie dinge wat hom versterk:

Hy bid voordat hy baklei.

Hy reageer nie impulsief op die krisis nie. Hy vra vir die priester se skouerkleed en gaan aanbid God. Die krisis word nie meer die middelpunt nie, maar God word nou in die sentrale posisie geplaas.

Hy vra rigting.

Hy vra vir God se wil: Moet ek hulle agtervolg? God antwoord: Ja. Selfvertroue kom nie uit emosie nie, maar uit God se leiding. Baie van ons bid, maar vergeet om te luister en raad te vra.

Hy tree regverdig op.

Sy manskappe wou hom doodmaak, maar hy wreek hom nie. Hy laat hulle eers rus. Later, wanneer die buit verdeel word, deel hy dit ook met dié wat agtergebly het.

Dawid wys ons: Jy kan in ’n krisis vasgevang wees, maar God kan jou versterk, rigting gee en leer om reg op te tree. Dis dán wanneer jy weer beheer kry en die pad vorentoe vind.

Gebed

Here ons God, U is ons toevlug en krag. In tye van nood en verwarring kom ons na U vir wysheid en troos. Lei ons deur u Woord en Gees en versterk ons in geloof. Ons bid dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

Ds Danie Taljard, Sionshoogte

Donderdag 23 Julie – Soek allereers die Koninkryk van God

Matteus: 6: 33 Daar is lekker soek en daar is sleg soek. Om na jou bril te soek is sleg soek. By ons huis kom alles tot stilstand as my bril of ’n kind se das soggens soek is. Ek soek ook daagliks na my beursie of my selfoon. Dan is daar ook lekker soek. Om die die...

read more

Woensdag 22 Julie – Wie was Anna?

Lukas 2: 36-40 Anna is vir verskeie redes ’n interessante karakter in die Bybel. Sy was ongeveer 84 jaar oud in ’n periode van geskiedenis toe die gemiddelde lewensverwagting maar omtrent 40 of 45 jaar was. Die teks vertel vir ons sy was sewe jaar getroud voordat haar...

read more

Dinsdag 21 Julie – Om na mekaar se stories te luister

Psalm 56: 9; Johannes 20: 15 Baie studies reken dat net ongeveer 25% van mense luister regtig as ander met hulle praat! Het jy al vir iemand van jou swaarkry vertel en die antwoord kom dadelik: Presies dieselfde het al met my gebeur. Een van die grootste foute wat...

read more

Maandag 20 Julie – Elke môre ’n afspraak met God

​Psalm 143: 8;  Genesis 19: 27 Psalm 143: 8 lees: Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. In sy boek Life Together reflekteer die teoloog Dietrich Bonhoeffer oor die...

read more

Sondag 19 Julie – Pinkstertyd – Koninkrykstyd!

Handelinge 2: 1-13Ons is tans in die Pinkstertyd! Die woord pinkster is afgelei van die Griekse woord pentekoste wat letterlik vyftigste dag beteken.Pinkster word sedert die 3de eeu as ’n Christelike fees gevier en is gegrond op...

read more

Saterdag 18 Julie – Stil word

Eksodus 2: 23 tot 3: 17Moses het mos uit Egipte gevlug nadat hy ’n Egiptenaar doodgemaak het. Hy het vir ’n lang tyd in die woestyn gaan leef in die land Median. Daar het hy sy vrou ontmoet en met haar getrou en kinders gehad. Hy het weggekom uit die besige Egipte wat...

read more