Sondag 17 Mei (Sewende Sondag van die Opstanding) – Nie meer vormloos en onbewoon nie…
Genesis 1: 1-31
Na die eerste woorde van Genesis 1 volg ’n beskrywing van die aarde voor God begin skep. Die aarde word as vormloos en onbewoonbaar (tohô wawohô) beskryf. Dus het God nie uit niks geskep nie, maar hierdie neem niks weg van die wonder van die getuienis van God as Skepper in Genesis 1 nie. Inteendeel, om te lees hoe die aarde hier beskryf word en dan die res van Genesis 1: 1-31 fyn te lees, belig die ontsagwekkendheid van God as Skepper. Genesis 1: 1-31 bevat wonderlike struktuur en ritme. Daar is ’n patroon wat herhaal. God het gesê… (Gen 1: 3, 6, 9, 11, 14, 20, 24, 26) gevolg deur wat God skep en elke keer eindig een skeppingsdaad met: En dit was aand en dit was oggend/dag… (Gen 1: 5, 8, 13, 19, 23, 31). Verder kan die skeppingsdade in twee dele ingedeel word. Dag 1, 2 en 3 gevolg deur dag 4, 5 en 6. Dag 1 en 4, 2 en 5, en 3 en 6 gaan saam. Vir die eerste drie skeppingsdade word die vormloosheid van die skepping deur God aangespreek. God bring skeiding tussen lig en duisternis (Gen 1: 3-5), tussen waters bo die hemele en onder die hemele (Gen 1: 6-8), en tussen droë grond en die oseane (Gen 1:9–11). Voorbereiding vir die bewoonbaarheid van die aarde begin ook op Dag 3 deur die skepping van plante (Gen 1: 12-13). In die volgende reeks van drie dae vul God elkeen van hierdie gevormde plekke, die onbewoonbare word bewoonde plekke, daar is die groot en klein hemelligte asook die sterre (Gen 1: 14-19), die seediere en voëls (Gen 1: 20-23), en die diere wat krioel op die aarde saam met die mens (Gen 1: 24-31). Genesis 1 vertel nie dat God uit niks geskep het nie, maar eerder dat daar waar die skeppende krag van God werksaam is, verander vormloosheid en onbewoonbaarheid in ’n florerende lewe vol potential en moontlikhede. Hierdie is die wêreld waarin ons vandag leef, en ook aangestel is om na om te sien.
God, ons dank U vir hierdie skepping vol lewe en potensiaal wat U aan ons geskenk het.
Dr Robert J van Niekerk, Universiteit van Pretoria
Donderdag 19 Maart – Seisoenale vrugte?
Markus 11: 12-26 Vrugte wat in seisoen is proe nou maar eenmaal beter as vrugte buite hul seisoen. Vrugte wat in seisoen is se smaak en tekstuur is net heelwat beter as vrugte buite hul seisoen. Ons ken vrugte buite seisoen. In die tye waarin ons tans leef kan ons...
Woensdag 18 Maart – Aandag
Johannes 5: 1-9 Die Franse filosoof, Simone Weil skryf dat aandag die skaarste, maar die suiwerste, vorm van barmhartigheid is. Sy noem dat mense wat deur moeilike tye in hul lewe gaan – mense wat een of ander vorm van materiële nood ervaar – eintlik iets baie meer...
Dinsdag 17 Maart – Wanneer die pad moeilik raak
Johannes 6: 41-71 Die Amiese gemeenskap is ’n groep mense wat die pertinente keuse maak om, ten spyte van die moderne wêreld wat rondom hulle gebeur, eerder met waardes en gebruike te leef wat vir die meeste mense vandag oudmodies sal voorkom. In Oktober 2006 is ’n...
Maandag 16 Maart – Tele-liefde
Matteus 7: 12; 22: 39 (AFR53) In die tye waarin ons leef, bly dit vir my verstommend wat ons oor die grootste van afstande kan regkry. Tegnologie het dit vir die mens moontlik gemaak om afstande af te lê wat in die verlede onmoontlik gelyk het. Hierdie soeke na groter...
Sondag 15 Maart (Vierde Lydensondag) – ’n Bewustelike pad
Eksodus 3: 7-8 Wanneer jy ’n heuwel moet uitstap of uitdraf, moet jy nie te ver op die pad voor jou uitkyk nie, want dan sal jy dalk mismoedig maak. Kyk eerder na die grond reg voor jou voete, en voor jy dit weet sal jy bo-op die kruin van die heuwel wees. Dis die...
Saterdag 14 Maart – Die vrugte van regverdiging
Romeine 5: 1-11 (AFR53) In ons besige lewens is die strewe na vrede dikwels ’n verre ideaal. Tog verklaar Paulus ’n diepgaande en onmiddellike werklikheid vir diegene wat hul geloof in Christus geplaas het: Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by...