Sondag 20 September – God in die ergste oomblikke

Genesis 39: 20b-21

Mark Manson het gesê: Die grootste verandering in perspektief by mense gebeur gewoonlik naby die einde van ons ergste oomblikke. Die intense pyn van krisisse dwing ons om belangrike vrae oor God te vra, die betekenis van lewe, en waarom my keuses nie meer werk nie. Het jy dit al so ervaar?

In ons teksgedeelte is Josef in die tronk, ’n laagtepunt van sy lewe. Hier, aan die einde van sy ergste oomblik lees ons: Terwyl Josef daar in die tronk was, was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het.

Daar in die tronk ervaar Josef dat God hom liefhet en steeds by hom is. Dit word die wentelpunt in sy lewe wanneer die tronkbewaarder se gesindheid teenoor hom verander. God openbaar Hom aan ons met die koms van Jesus Christus. Hy verseker ons van sy troue liefde in ons ergste oomblikke.

So, hou aan bid tot God vir antwoorde en rigting, evalueer die betekenis van jou lewe en bevraagteken jou keuses wat nie werk nie. Doen dit met die sekerheid dat Jesus die donker klaar oorwin het en dat die Heilige Gees kragtig in jou werk. God is getrou en, soos by Josef, is Hy ook naby jou in jou krisis om verandering te bring.

Gebed

Here, ons hemelse Vader, U is getrou, selfs in die donkerste tye van ons lewens. Soos U by Josef in die tronk was, is U ook by ons in ons laagtepunte. U verlaat ons nie, maar openbaar u liefde en teenwoordigheid juis wanneer ons dit die minste verwag. Dankie dat U deur Christus ons donker reeds oorwin het en dat die Heilige Gees kragtig in ons werk om hoop, wysheid en rigting te gee.

Leer ons om ons lewens eerlik te ondersoek, ons keuses te bevraagteken en met vertroue tot U te roep. Vorm ons, Here, selfs deur pyn, tot u eer. Ons vertrou u liefdevolle hand, wat selfs tronkdeure gebruik om genade oop te sluit. Amen.

Ds Danie Taljard, Sionshoogte

Vrydag 17 Julie – Tussen twee vure

Numeri 11: 1-17Aan die begin was almal tog te bly en dankbaar dat hulle weg is van die nare Egiptenare wat hulle so sleg behandel het en waar hulle maar gekrepeer het. Hoe langer die reis begin word het, hoe minder was hul opgewondenheid en later het die mense al hoe...

read more

Donderdag 16 Julie – Maar ek sal vertrou op die Here

Miga 7: 1-7 Die situasie van Miga en sy landgenote is baie beroerd. Dit het generasies vantevore al begin toe Israel in twee geskeur het – die Noordryk en die Suidryk. Van toe af was daar rusie en wantroue onder die twee geskeurde dele van die Israel. Op ’n stadium...

read more

Woensdag 15 Julie – Hoe hanteer gelowiges beproewings?

Jakobus 1: 1-15 Alle mense, so ook gelowiges, gaan beproewings in hul lewe teëkom, maar gelowiges hanteer daardie beproewings op besondere wyses. Eerstens moet gelowiges bly wees oor beproewings. Jakobus sê dat ons nie moet toelaat dat ’n situasie jou onderkry nie,...

read more

Dinsdag 14 Julie – Balans tussen genade en geregtigheid

Eksodus 34: 4-10 Toe Moses in die rotsskeur was, het God by hom verbygegaan en uitgeroep: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde,...

read more

Maandag 13 Julie–– Gefokus op die klein dingetjies?

Matteus 23: 23-39 Die Fariseërs het gedink hulle is goeie gelowiges. Jesus beskryf dan op ’n paar treffende maniere hoe hulle die punt heeltemal gemis het. Hulle wou die wet van God nakom, maar selektief. Jesus begin deur te sê dat hulle die muggie uit hul beker wou...

read more

Sondag 12 Julie– Gees van God wat in my woon

Handelinge 2: 1-24 en 32-36 Petrus verduidelik aan die omstanders dat wat hier gebeur het die werk van die Heilige Gees is en nie dronkenskap is nie. Dit is sigbaar in verskeie elemente. Vuur, wind of harde geluide was geassosieer met God se teenwoordigheid. Die...

read more