Saterdag 12 September – Oefen in liggaam en gees

1 Korintiërs 6: 19-20

Die Bybel herinner ons dat ons liggame ’n tempel van die Heilige Gees is soos wat ons in 1 Korintiërs 6: 19 lees: Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en behoort nie aan julleself nie.

Daarom het ons die verantwoordelikheid om na ons fisiese en geestelike welsyn om te sien. Oefening is nie net goed vir ons fisiese gesondheid nie, maar dra ook by tot geestelike balans en innerlike vrede.

Wanneer ons oefen, ervaar ons hoe wonderlik God ons liggame geskep het die beweging van spiere, die ritme van asemhaling en die krag wat ons ontwikkel, is alles bewyse van meesterlike ontwerp. Deur gereeld te oefen, eer ons die liggaam wat die Here aan ons toevertrou het.

Maar oefening is meer as net fisiese aktiwiteit dit moet ook geestelik wees. Ons moet ook geestelik oefen deur tyd in gebed, Bybelstudie en gemeenskap met ander gelowiges deur te bring. 1 Timoteus 4:8 sê: Om jou liggaam te oefen, het wel ’n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ’n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.

Dit wys hoe belangrik dit is om ’n gebalanseerde lewe te lei wat beide liggaam en gees versterk.

Laat oefening jou vandag ’n herinnering wees dat ons doelbewus na gesondheid en geestelike groei moet streef. Mag jy vandag in beweging kom en nadink oor jou gesondheid maar, mag jy ook in alles wat jy vandag doen die koninkryk van God soek en beleef.

Lees gerus: Gesang 471: Soek allereers die koninkryk van God.

Soek allereers die koninkryk van God;

En sy geregtigheid.

Wat julle nodig het sal die Vader dan

Vir julle gee uit sy oorvloed.

Halleluja! Halleluja!

Halleluja!

Amen. Amen.

Dr Antionette Janse van Rensburg, Universiteit van Pretoria / Montana

Saterdag 30 Mei – Pinksterfees: Is jou skoene aan?

2 Korintiërs 3: 17 Die Gees is nie staties nie. Waar die Gees van die Here is, daar is vryheid – vryheid om te beweeg, te groei, en te leef in die wil van God. Wanneer die Gees se stem hard genoeg in ons praat, bly ons nie dieselfde nie. Ons word aangepor, uitgedaag,...

read more

Vrydag 29 Mei – Pinksterfees: Gehoorsame gehoor

Esegiël 36: 26-27 Ons het tans ’n klein seuntjie en die tema gehoorsaamheid is iets waaroor ons baie praat. Dit is wonderlik om te sien hoe kinders hul eie stemme begin vind, hul eie idees vorm en eie maniertjies ontwikkel. Om dit te bestuur sodat ’n kind steeds...

read more

Donderdag 28 Mei – Pinksterfees: Spanverband

Handelinge 2: 44 Wanneer die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort word, is die eerste tekens wat sigbaar word nie net bonatuurlike tekens nie, maar ’n bonatuurlike gemeenskap. Die Gees bring mense van verskillende tale, kulture en agtergronde bymekaar in ’n nuwe...

read more

Woensdag 27 Mei – Pinksterfees: Abba my

Romeine 8: 12-17 Ek het die mooiste lied gehoor by die talentvolle en bekende Frieda van den Heever. Sy sing: Abba, my Vader Hoe verder, Here, nader My knieë is lam en my voete is seer. Ek is moeg van self probeer U wat nie blyplek het nie en altyd by my bly. Ek voel...

read more

Dinsdag 26 Mei – Pinksterfees: My hart

Psalm 51: 12-15 O my hart. Wanneer ons onsself tot beweging wil laat bring, moet ons sorg dat ons harte in rat is. Om in gebed tot God te nader, help ons om dit te doen. En Psalm 51 is ’n psalm wat ons hiermee kan help. Walter Brueggemann stel dat Psalm 51 ’n gebed...

read more

Maandag 25 Mei – Pinksterfees: Krag om te beweeg

Handelinge: 1: 8 Elke jaar hierdie tyd praat ons oor Pinkster. Elke jaar hierdie tyd wonder ons weer oor ons idees van die Gees. En hopelik elke jaar hierdie tyd word ons uitgedaag om dalk nuut te dink oor konsepte wat ons nog altyd aan vasklou wanneer dit by die...

read more