Dinsdag 6 Januarie (Epifanie – Verskyningsfees) – Die skepping bring ons tot verwondering

Psalm 8: 1-10

Hier is iemand aan die woord wat baie duidelik nog homself aan die skepping kan verwonder. Ons wonder dadelik hoeveel van hierdie verwondering nog by ons leef. Ons samelewing het in ’n groot mate verwonderingsarm geword. Ons programme is vol, ons is altyd haastig en het daarby geleer om krities te wees. Sy verskyning in ons wêreld en ook in die natuur laat ons selde meer oopmond en blinkoog onder God se sterrehemel staan.

Die digter van Psalm 8 sit heel waarskynlik op die plat dak van sy nederige huisie iewers in Palestina. Bokant hom is daar ’n duisend miljoen Melkwegstelsels. Vir die digter is dit nie bloot net ’n skitterende speldepatroon nie, maar hy herken dit as die vingerafdrukke van God, die werk van sy vingers.

Hy verwonder hom verder oor God se skepsels, in besonder die mens. Dan verruil die digter sy teleskoop vir ’n mikroskoop. Hy kyk nie net bo nie, hy kyk ook na binne en sy verwondering groei steeds. Die dieptepunt van sy verwondering oor God is egter oor sy optrede teenoor die mens. Toe ons ons hoë roeping as mense gefaal het. Toe ons klaaglik daarin misluk het. Toe ons in sonde as sy skepsels van Hom weggedraai het. Toe het God ons herskep.

Die hart van die psalm is dat dit nie die grotes en magtiges wat goed genoeg is om die grote en magtige God te prys nie. Dis ’n gawe wat aan kinders en suigelinge gegee word. Sommige uitleggers sien in laasgenoemde beskrywing nie werklike kinders nie, maar eerder die volk Israel wat in ballingskap is.

Gestroop van alle aardse sekerhede, gebroke en verstote, wat aan die einde van hul kragte gekom het. Dit is juis sulke mense, wat weet hoeveel die Here vir hulle doen, wat hulle oor God se grootheid kan verwonder.

Gebed

Here, ons verwonder ons aan u handewerk, maar meer as dit aan u genade vir ons as wat dikwels faal in die taak wat U aan ons opdra.

Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort

Sondag 21 Desember (Vierde Adventsondag) – Stilwees

Hierdie week stap ons saam ’n paadjie waarin elkeen toegee aan God se teenwoordigheid en werking in ons. Voltooi die week met deeglikheid: Lees, leer, beoefen. In die Kerstyd is dit opvallend hoe bewus ons raak van die Seun van die mens wat vir ons gebore word (Joh 3:...

read more

Saterdag 20 Desember – ’n Loflied oor God se onferming

Lukas 1: 47-55 Maria sing in haar loflied dat God mense raaksien en dat God op mense se nood en behoeftes reageer. Verder dat God getrou bly aan Homself en bevryding bring vir elkeen wat in afhanklikheid van God leef. God moet geloof word, want Hy gryp in en bring...

read more

Vrydag 19 Desember – Nie net nog ’n baba nie

Miga 5: 2-5 God se liefde kan nie uitgewis word nie. In Miga 5 lees ons van die Here se beloftes tot by Christus se koms. Lukas 1: 39-45 beskryf hoe Johannes die Doper reeds voor sy geboorte reageer oor die koms van Christus. Johannes maar ook sy ma, Elisabet, Maria...

read more

Dinsdag 16 Desember – Bekering! Ernstig en dringend

Lukas 3: 7-18 Vandag se teks nooi ons uit om te dink oor die waarde van ’n nuwe lewe deur ons verbintenis aan God. Die enigste manier om die oordeel wat kom vry te spring, is om die nuwe lewe in God aan te gryp. ’n Lewe wat getuig van God se regering en koningskap....

read more