Dinsdag 29 September – Paulus hanteer die storms in sy lewe
2 Korintiërs 11: 16-33
Ons het gister geleer dat storms deel van ’n mens se bestaan op hierdie gebroke en sondige aarde is. Paulus het storms geken en sy hantering daarvan is navolgenswaardig. As jongman kon Paulus droom van sukses en ’n goeie lewe, maar op pad na Damaskus het God in sy lewe ingeklim. Hy word die persoon wat alles in sy lewe opoffer om die evangelie aan die wêreld te gaan verkondig. Ons weet byvoorbeeld dat Paulus 16 000 km te voet vir die evangelie afgelê het, meestal in uiters gevaarlike omstandighede. Natuurelemente soos berge, gevaarlike diere, riviere ensovoorts was byvoorbeeld ’n uitdaging. Boonop was die paaie baie gevaarlik as gevolg van rowers wat mense gereeld van hul besittings wou beroof en reisigers selfs gevange sou neem en hulle dan as slawe te verkoop. Bykans die helfte van die bevolking van daardie tyd was inderdaad slawe.
In 2 Korintiërs 11 lys Paulus van die storms in sy lewe: Ek was meer kere in die tronk. Ek is uitmekaar geslaan en mishandel. Die Jode het my vyf keer nege en dertig houe geslaan. Drie keer is ek wreed met stokke geslaan. Een keer is ek met klippe gegooi en vir dood agtergelaat. Drie keer was ek op skepe wat gesink het. Ek het eenkeer ’n hele nag en dag hulpeloos op die oop see rondgedryf. Bo en behalwe hierdie storms was daar ook nog baie ander.
Hoe het Paulus dié storms in sy lewe aangepak? Ons kan onomwonde sê hy het altyd sy oog op die genade van God gehou en dit was vir hom genoeg. Meer spesifiek was dié genade vir Paulus die verlossing en redding wat daar in Christus Jesus is. Paulus sou in sy storms met woord en daad verkondig dat God se genade in lewe en in sterwe vir hom genoeg is.
In die tronk, onder haglike omstandighede, sing Paulus: Wees bly, ek herhaal, wees bly! Sy blymoedige hart bring mense nader aan God – en die tronkbewaarder en sy hele huisgesin kom tot bekering.
Dr Hannes Janse van Rensburg, Zuurfontein / SGB Interimbegeleiding
Sondag 13 September – Wie is ek?
Psalm 8As ons na die skepping rondom ons kyk, na die grootheid van die ruimte, al die diere groot en klein, die diepte van die see en alles wat daarin leef dan kan ons maar vra: Maar wie is ek dat die Here na my omsien? Wie is ek dat die Here my ken? Wie is ek dat die...
Saterdag 12 September – Oefen in liggaam en gees
1 Korintiërs 6: 19-20Die Bybel herinner ons dat ons liggame ’n tempel van die Heilige Gees is soos wat ons in 1 Korintiërs 6: 19 lees: Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God...
Vrydag 11 September – Die kuns van rus
Matteus 11: 28-29In ’n wêreld waar werk, verantwoordelikheid en druk konstante deel van ons lewens is, kan rus maklik agter gelaat word. Tog nooi die Here ons uit om rus te vind. Jesus sê in Matteus 11: 28-29: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal...
Donderdag 10 September – Die Here is met jou
Josua 1: 9 In ’n wêreld wat soms onvoorspelbaar en uitdagend is, is daar ’n waarheid waaraan elke gelowige kan vasgryp: Die Here is met jou. Hierdie belofte word keer op keer in die Bybel herhaal, en bring troos, krag en hoop. In Josua 1: 9 staan daar: Ek self gee jou...
Woensdag 9 September – Krag vir die Dag
Spreuke 3: 5-6Elke nuwe dag bring sy eie uitdagings asook seëninge mee. Soms voel ons moedeloos, asof ons geen krag het om vorentoe te gaan nie. In Jesaja 40: 31 lees ons: maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en...
Dinsdag 8 September – Die skat van stilte
Psalm 46: 11In die wêreld waarin ons lewe is stilte ’n seldsame geskenk, maar tog is stilte nodig. Die Bybel nooi ons uit om stilte te omarm as ’n manier om nader aan God te kom en die Here se stem te hoor. In Psalm 46: 11a lees ons: Bedaar en erken dat Ek God is....