Gedurende Oktober vanjaar is drie van ons emerituspredikante oorlede.

Ds JCC (Ogies) du Plooy (83) is Woensdagaand 2 Oktober oorlede nadat hy geruime tyd siek was met kanker en ook ’n ligte beroerte gehad het. Sy troosdiens het Woensdag 9 Oktober te Gemeente Klerksdorp-Wilkoppies plaasgevind. Hy het gedien in die volgende gemeentes: Krugersdorp-Noord, Tsumeb/Grootfontein, Evander, Vereeniging, Weermagkapelaan te Potchefstroom, SWAPOL (militêre kapelaan 1984, Windhoek en Makwassie, en het geëmeriteer in 2004. Daarna het hy gewerk in die kombinasie Queenstown/Dordrecht en was hy en sy vrou sedert November 2006 woonagtig in Klerksdorp as lidmate van Gemeente Klerksdorp-Wilkoppies. Hy was tot en met sy afsterwe ouderling. Ons innige simpatie gaan aan mev Eugenie du Plooy en hul familie.

Ds H (Hennie) Aucamp (75) is Vrydag 4 Oktober oorlede nadat hy vroeër die week ’n aneurisme van die brein gehad het. Sy begrafnis het Donderdag 10 Oktober vanuit Gemeente Potchefstroom plaasgevind. Hy was werksaam in die volgende gemeentes: Kuruman, Kathu, Tsumeb/Grootfontein, Carletonville/Leeupoort en die Kuruman-kombinasie. Hy het in 2009 geëmeriteer. Tydens sy afsterwe was hulle woonagtig in Rooipoort in die Potchefstroom-distrik. Ons innige simpatie gaan aan mev Clara Aucamp en hul familie.

Ds MJ (Martin) Fouché (65) is Vrydagaand 4 Oktober oorlede na ’n stryd met kanker. Sy troosdiens het Vrydag 18 Oktober vanuit Gemeente Riebeeckstad plaasgevind. Hy het in die volgende gemeentes gedien: Mafeking, St Helena, St Helena/Riebeeckstad, Goudveld en Riebeeckstad/Virginia. Hy het in 2023 geëmeriteer, maar is in 2024 beroep om weer in Riebeeckstad te dien. Tydens sy afsterwe was hulle in Riebeeckstad woonagtig. Ons innige simpatie gaan aan mev Antoinette Fouché en hul familie.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap