Emerituspredikant ds HJM (Hennie) Breedt (71) is Dinsdag 14 September oorlede na ’n hartaanval. Sy vrou, Elna, is 12 Augustus vanjaar oorlede.
Ds Breedt is op 14 Februarie 1993 georden, en het gedien in Kimberley, voordat hy in 2007 emeritaat aanvaar het. Hy en sy vrou het in ’n tehuis vir bejaardes in Boshof gewoon.
Ons innige simpatie gaan aan die egpaar se familie.
