’n Blou erfenisplaatjie, nommer 12, is op 23 Julie vanjaar toegeken aan Gemeente Heidelberg se kerkgebou.

Die gemeente is gestig op 27 Junie 1865. Sedert 1889 het die gemeente in die (huidige) kerksaal eredienste gehou. In 1932 was daar 865 lidmate en ’n kerkraad van 35 lede. Die destydse predikant, ds AJG Oosthuizen, het voorgestel dat ’n nuwe kerk gebou moet word wat 600 mense kan akkommodeer.

Hierdie sierlike Gerard Moerdyk-gebou is in 1933 ingewy – vanjaar 88 jaar gelede. Die erfenisplaatjie is geborg deur Arrie en Rita Vorster wat jarelange lidmate is.

Ander gemeentes met kerkgeboue (sale, pastorieë) wat ook oor erfenisstatus beskik, kan gerus in verbinding tree met ds C Johann de Bruin, kurator van die SP Engelbrecht-museum, by cjdb@boomaap.co.za.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap