Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se virtuele Stap/Draf/Fietsry van 21 en 22 Augustus 2021 het vir groot pret en ’n stewige inkomste gesorg.

Ds Pierre Jacobs en Gemeente Outeniqua het ander gemeentes vooraf uitgedaag om hul gesamentlike afstand van 1 200 km te ewenaar en/of te verbeter. Dit is ’n simboliese afstand vanaf die gemeente in George tot by die Bybelhuis in Kempton Park. Outeniqua het uiteindelik met 132 deelnemers saam 1 259 km afgelê en R13 205 ingesamel. Hulle was dus die wenners van die spesiale uitgawe van die grootdruk Bybel 2020-vertaling wat as Kanselbybel gebruik kan word.

Van die ander NHKA-gemeentes wat deelgeneem het, is Kaapstad, Pietermaritzburg, Philadelphia en Makarios. Dr Gerhard Lindeque en sy vrou, Karien, met hul hondjie, Teddie, het ook elk hul 5 km by Makarios afgelê. Makarios se finalejaar katkisante en hul vriende (sien foto) het saam meer as 200 rondtes om die kerk voltooi.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap