Gemeente van ons Here Jesus Christus:

In hierdie gedeelte lees ons van ‘n lig wat in dieduisternis skyn. En in Gesang 96 sing ons die Woorde ‘Lig uit liguit die Vader se ryk’ Het u al gewonder wat presies bedoel wordmet hierdie woorde? Met ander woorde: wat is die betekenis van ligin die Bybel.?

Lig is ‘n tema wat ons regdeur die Bybel vind. Veronderstel u en ek was die eerstes wat hierdie woorde van Johannesgehoor het, wat sou dit vir ons beteken het? En beteken dit nogvandag vir ons dieselfde? Kom ons begin hierdie vraag te antwoorddeur eers na die Ou Testament te kyk.

Uit die Ou Testament is daar baie wat ons kan leervan die lig. Trouens, mens kan sê dat die Bybel begin met dielig — lig is tog dit wat God heel eerste geskep het. ‘God hetgesê: Laat daar lig wees.’

Vir iemand wat hierdie woorde van Johannes vir dieeerste keer gehoor het, sou dit in die eerste plek beteken het datdie lig die bron van lewe is, want vanuit hierdie lig het die heleskepping voortgespruit. En dit was omdat God dit so wou gehad het. God het die lig gegee en dit was goed. Regdeur die Ou Testament isdit duidelik dat lig altyd dui op die teenwoordigheid van God. Ditis waarom daar altyd gebid is met sonsopkoms en ondergang, want ditwas simbool van God wat die donkerte van die nag oorwin het en weersy guns en sy goedheid oor mens laat skyn. Lig wat uit die donkerteuit deurbreek wys op die verlossing wat vir ons deurbreek. Lig isdie uitkoms van God.

En hierdie lig van uitkoms wat God gee, bring virons vreugde en die guns van God. Die lig is die heerlikheid, diegenade, die liefde, en die regverdigheid van God. Dit alles gee virons insig in die lewe. Dit alles verlig mens se pad. Dit is hierdielig wat aan mens wysheid gee, want om in die lig te lewe beteken omna aan God te wees. Dit beteken om God te ken. En dit maak dat onsnie bang is nie, want lig verdryf die vrees vir die donker. Om Godte ken, dit wil sê om in die lig te lewe, maak dat mens niemeer vrees vir onheil en teëspoed nie.

Die tweede wat dit vir ons sou beteken is dat dielig die Woord van God is. Soos wat lig in ‘n mens se lewe skyn;soos wat mens ‘n lig aansteek om beter te kan sien, so is die Woordvan God. Dit verlig ons lewe, en daar waar dit donker word in dielewe, daar is dit die Woord van God en niks anders nie wat weer dielig van die lewe terugbring. Die Woord van God as die lig is ewig. Dit strek vanaf die begin tot die einde. Van ewigheid tot ewigheid. Dit skyn terug in ons verlede, dit verlig ons hede, en dit verhelderons toekoms.

In die Nuwe Testament is daar ‘n verdere betekenisvan lig wat ook vir ons belangrik is. In Johannes 1, byvoorbeeld,word lig en duisternis gesien as twee aanstormende magte. Dit is asoflig en duisternis teenoor mekaar gestel word. Die duisternis wil dielig oorwin. Maar ons weet, die oomblik waar lig en duisternis mekaarontmoet, is daar nie meer duisternis nie. Dit is onmoontlik vir dieduisternis om die lig uit te doof.

Dit is wat dit vir ons sou beteken as ons hierdiewoorde vir die eerste keer sou aanhoor. Maar eintlik is dit glad niewat Johannes vir ons wil sê nie, want dit is tog immers wat onsreeds weet. Nee, Johannes wil aan sy hoorders ‘n totaal en al nuwewaarheid aangaande die lig leer. En hierdie waarheid is: Jesus isdie Lig vir wêreld.

‘n Lig wat skyn vanaf ewigheid tot ewigheid. Ditis God se manier om homself bekend te stel aan die wêreld. Ditis die manier hoe God in al sy goedheid self sigbaar geword het virons. Jesus is God se woord van lig aan ons. En nie net die woord vanlig nie, maar ook die antwoord. Die antwoord op die duisternis watsoms deel is van die bestaan van die mens. Dit is ‘n woord vanheerlikheid, dit is ‘n woord wat waarsku, wat leer en lei en troos,maar bowe al, dit is ‘n woord van liefde. Die geboorte van JesusChristus is die aankondiging van God se liefde vir die mens —sigbaar en tasbaar. Maar meer as dit, dit is die lig wat maak datalle ander dinge anders gesien kan word.

Die koms van Jesus Christus is die aanbreek van dielig in ons lewe. Van altyd af het die lig bestaan. Van altyd af hetmense gestrewe daarna om in die lig van God te lewe. Maar die menshet die lig uitgedoof met sonde teen God. Die mens het met syopstand en ongehoorsaamheid sy rug gekeer op die lig en ‘n donkerskadu het oor sy eie lewe gekom. En hoe die mens ook al probeer hetom in die lig te lewe, sy pogings was maar van korte duur en nooitsuksesvol nie.

In Jesus egter het al hierdie dinge wat ons tothiertoe gesê het — al hierdie dinge wat die Ou Testament endie Nuwe Testament oor die lig leer — gestalte gekry. Al hierdiedinge kry vorm in die mens Jesus Christus. En al hierdie dinge wordnou vir die mens moontlik in Jesus Christus. In Jesus Christus hetdie lig sy volle glans bereik.

Kersfees is daarom ‘n fees van lig, ‘nChristusfees, ’n geloofsfees en ‘n kerkfees. In hierdie Kerstydsien ons oral liggies wat skyn en kerse wat brand. Maar na ‘n tydword die liggies afgeskakel en die kerse word weer doodgeblaas. Onskan amper sê dit is simbolies van hoe die wêreld Kersfeesvier. In die gees van Kersfees stuur almal vir mekaar kerskaartjiesmet goeie wense. Almal leef in die atmosfeer van welwillendheid engoedhartigheid. Almal stuur vredesboodskappe vir mekaar en almalbewys liefde aan almal.

Maar net soos die kersboom se liggies na Kersfees,lyk dit asof al hierdie dade van mens tydens Kersfees ook maar netweer gebêre word. Dit lyk asof al hierdie liefde enwelwillendheid maar net soos kersies is wat na ‘n rukkie weeruitgeblaas word. Die ware lig van Kersfees skyn nie in hierdieliggies nie, want dit is nie lank nie, dan verflou die gevoel vanwelwillendheid en liefde vir mekaar.

Ons wat glo weet egter dat die lig van ons Kersfeesnooit uitdoof of verflou nie. Nee, inteendeel: die lig van onsKersfees se glans skyn elke dag helderder en helderder in ons lewe. Dit is die geskenk wat God aan ons gee met Kersfees: die ewige Ligvan die lewe — Jesus Christus.

Ja. God gee ook aan ons die ware lig. Hier binnein ons skyn dieselfde lig as die Een waarvan ons in die Bybel lees. Want Jesus Christus leef in ons en ons in Hom. Dit is die gawe watGod aan ons gee.

Hierdie lig is egter nie net die gawe van God nie,dit is ook die opdrag van God. Jesus het gesê: ‘Julle isdie lig vir die wêreld.’ Jesus laat sy lig vandag in diewêreld skyn deur ons. God wil ons gebruik om die ware lig vanKersfees vir ewig te laat skyn in die wêreld.

En laastens is hierdie lig die belofte van God aanons. Nie almal beleef Kersfees dieselfde nie. Nie almal beleefhierdie vreugdevlam wat met Kersfees in ons harte brand nie. Daar isvandag mense hier vir wie dit donker geword het met hierdie Kersfees. Daar is dié vir wie dit donker geword het, want nog netonlangs het u dalk ‘n geliefde aan die dood afgestaan. Dalk is ditvandag donker want u dink terug aan ‘n vorige Kersfees toe u nogalmal saam was en vandag is dit u eerste Kersfees sonder daardie een. Dalk is dit vir u vandag donker omdat al u planne rondom Kersfeeshet nie uitgewerk nie. Om een of ander ongelukkige rede kan die mensewat u so graag hier wou gehad het nie vandag hier by u wees nie. Daar is ook dié vir wie dit donker is omdat hulle kan nievandag by hulle mense wees nie want hulle moet werk. Daar is dalkvan u vandag hier wat onder groot finansiële kommer leef. U hetdalk ‘n groot terugslag beleef en u weet nie hoe om verder te gaannie. Dalk is dit vandag vir u donker want u besef u het afgedwaal vanGod. Dit is dalk vir u donker want u lewe is ‘n stryd vir vrede. U het iemand seergemaak en weet nie hoe om dit reg te maak nie.

Maar geliefdes, dit is juis die Kersboodskap aan uvandag. Vir elkeen van ons skyn daar ‘n lig. ‘n Lig waarvan dieglans ons as ’t ware verstom en verwonderd laat staan.

  •  Virdié van u wat die donkerte van hartseer oor ‘n geliefdeervaar skyn daar lig, want Jesus het gesê: ‘Ek is dieopstanding en die lewe’ 
  • Virdié van u wat verlang na hulle wat die naaste aan u is, isdaar lig, want Jesus het gesê: ‘Ek is met julle tot dievoleinding van die wêreld.’
  • Virdié van u wat bekommer sê God: ‘Moet jou nie bekommeroor die dag van môre, vertrou op God.’
  •  Virdié van u wat ‘n groot terugslag beleef het, sê God:‘Kom na my toe almal wat moeg en oorlaai is.’
  •  Virdié van u wat die donkerte van stryd en onvrede beleef is daarlig, want Jesus het gesê: ‘Ek sal julle vergewe, selfssewentig maal sewe’.
  •  Virdié van u wat die donkerte van afdwaling en twyfel beleef isdaar lig, want God het gesê: ‘Want so lief het God diewêreld gehad dat Hy sy enigste gestuur het sodat julle kanglo.’

Ja, geliefdes vir elkeen van ons is daar ‘n lig van ewigheid watskyn in hierdie Kerstyd. ‘n Lig wat ons ook onomwonde laatuitroep: ‘Ere aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde in wieHy ‘n welbehae het.’ 
Amen

Share via
Copy link
Powered by Social Snap