Op 7 November 2024 is vier studente toegelaat tot die evangeliebediening. Drian Crockeran, Annia van Deventer, Tanya Maartens en Iwana Hartmann het die geleentheid waar hulle as proponente beroepbaar gestel is, in die Kerk saam met hul geliefdes by Gemeente Philadelphia gevier. Elke student het ’n Akte van Toelating tot die Evangeliebediening ontvang, asook ’n Diploma in Kerklike Bediening.
Dr André Ungerer het die erediens gelei waar die studente toegewens is dat hul bediening in die Kerk lewens sal transformeer. Daarna het die skriba van die Kommissie van die AKV, ds Hannes van der Merwe, die ondertekeningsformule voorgehou. Die kandidate het hardop daarop geantwoord en die dokument onderteken waarna die oorhang van die toga plaasgevind het.
Die Cules Boshoff-erepenning asook die toekenning vir akademiese prestasie is toegeken aan prop Tanya Maartens. Prop Annia van Deventer het die dankseggings namens die nuwe proponente gelewer.
’n Volledige profiel van elkeen sal in die volgende uitgawe verskyn.
