Met die staatsbesoek van die koning en koningin van Nederland in Suid-Afrika gedurende Oktober 2023 het die TV-span van die kanaal Evangelische Omroep ook by die Nederlandssprekende Gemeente van die NHKA in Johannesburg aangedoen. Hulle wou meer weet oor die Nederlandse gemeenskap in Suid-Afrika.

Die kerkgebou is van binne en buite verfilm en die aanbieder van die program Blauw Bloed, Tirza van der Graaf, het ’n onderhoud in Nederlands gevoer met prof Yolanda Dreyer wat die gemeente bedien. Die Nederlandse koningshuis het sterk bande gehad met oud-president Nelson Mandela, en ’n lid van die koningshuis het ook die begrafnis van aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad bygewoon.

Prof Dreyer vertel meer oor die besoek in Blitspos van 26 Oktober 2023.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap