Op pad met Iwana…
“Op pad met Iwana…” neem lesers saam op ’n reis van ontdekking, waar unieke stemme en inspirerende stories uit die kerk en gemeenskap tot lewe kom. Elke ontmoeting bied ’n vars perspektief op roeping, betrokkenheid en die menslike ervaring soos dit in verskillende lewensverhale gestalte kry.
Die vrou agter die splinternuwe Leef Lig-podsendings: Ds Janine Bevolo-Manders
Het jy ook onlangs jou Facebook oopgemaak en voor jy jouself kon kry, het jy al amper klaar na al die podsendings van ds Janine Bevolo-Manders gekyk? Jy wou dalk net gou in jou blaaskans geloer het om te sien waarmee almal hulself die afgelope naweek besig gehou het,...
