Die gemeente beskou musiek as ’n belangrike en integrale deel van die erediens. Besoek die gemeente se webblad hier. Eredienste vind Sondae om 09:30 plaas, asook tydens spesiale geleenthede soos Kersfees en Paasfees. Die gemeente sing hoofsaaklik uit die Liedboek van die Kerk en die VONKK-bundel. Die orrel, wat deur Bevington & Sons vervaardig is, beskik oor pragtige frontpype en word gereeld onderhou en gestem.
Taakomskrywing:
- Begeleiding van sang tydens eredienste.
- Voorbereiding en uitvoering van gepaste voor- en naspele, asook ander gepaste liturgiese musiek tydens eredienste.
- Samewerking met ander musikante, byvoorbeeld tydens spesiale eredienste.
- Beplanning en uitvoering van toepaslike sangdienste, byvoorbeeld Kers- en Paassangdienste.
- Klavierbegeleiding tydens sang by katkisasiegeleenthede.
- Reël van ’n geskikte plaasvervanger tydens verlof.
Navrae: Dr Marina Kok-Pretorius, 076 288 2843 of marinakok95@gmail.com.
Aansoeke: Stuur ’n bondige CV met besonderhede oor relevante opleiding en ondervinding aan marinakok95@gmail.com.
Sluitingsdatum: 1 Oktober 2026.
Die gemeente behou die reg voor om die pos nie te vul nie.