Gemeente Alberton het Sondag 25 Februarie afskeid geneem van ds PB (Pieter) en Susan Viljoen. Hulle was sedert 24 Mei 1986 (’n volle 38 jaar!) die predikantspaar van Alberton.
Ds Viljoen is op 6 Mei 1984 georden en het eers sedert 1984 in Gemeente Weskus gedien.
Na sy afskeidspreek het oudl Fred Paynter namens die Kommissie van die AKV die akte van losmaking aan hom oorhandig. Na soveel jare was dit vir sowel ds Pieter en Susan as die gemeente ’n emosionele afskeid. Ds CJ van Wyk en Retha is reeds op 7 Januarie as die nuwe predikantspaar ontvang.
Op die een foto verwelkom ds CJ van Wyk vir ds Viljoen op die kansel. Op die ander foto is die sprekers tydens die geleentheid: Van links na regs oudl Daan Grobler (namens die gemeente), oudl Cobus van Wyk (geleentheidsheer), ds William Harmse (namens die ring van Germiston), broer Francois Pretorius (wat ’n geskenk aan ds Viljoen oorhandig het), ds Pieter Viljoen, en oudl Fred Paynter (van die Kommissie van die AKV).

