Ds BF (Berend) Greyling (61) is op 15 Januarie oorlede na sy stryd die afgelope jaar met kanker.

Die gedenkdiens vir ds Greyling was op Dinsdag 21 Januarie vanuit Gemeente Bethlehem; dr Frikkie Labuschagne het die diens gelei. Ons innige simpatie gaan aan mev Leonie Greyling en hul familie.

Ds Greyling is op 29 April 1984 in Voortrekkerhoogte georden vir diensplig te Oshakati, en het gemeentes Bethlehem, Reitz en Grootfontein/Tsumeb bedien. Hy het in 2019 met siekte-emeritaat gegaan.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap