Ds HW (Henk) Calitz (40) van Carletonville is Vrydag 19 Junie oorlede.

Ons innige simpatie gaan aan sy vrou, Martie, hul kinders en ander naasbestaandes, en die lidmate. Ds Marius Kramer het die gedenkdiens op Dinsdag 30 Junie waargeneem.

Ds Calitz was leraar in Westonaria van 2005 tot 2008, en in Carletonville sedert Desember 2011. Hy was geliefd in die Carletonville- en Fochville-gemeenskap, betrokke by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, en voorsitter van Laerskool Dagbreek se beheerliggaam. Hy het ook hokkie afgerig by Hoërskool Carletonville en Laerskool Dagbreek, asook by die Gryphons-hokkieklub in Potchefstroom.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap