Ds JH (Jan) van Staden (65), wat sedert 1986 leraar in Gemeente Bronkhorstspruit was, is Sondag 7 Januarie 2024 oorlede nadat hy ongeveer twee weke lank in die hospitaal was.

Ds Van Staden is op 20 Mei 1984 georden en het gedien in Oudtshoorn vanaf 1984 en in Bronkhorstspruit sedert 1986. Hy het pas aan die einde van Desember 2023 emeritaat aanvaar en sou sy afskeidspreek in Bronkhorstspruit op Sondag 21 Januarie gelewer het. Die kerkgebou in Bronkhorstspruit was stampvol tydens sy begrafnisdiens op Saterdag 13 Januarie.

Ons innige simpatie gaan aan sy ouers, ds Gert en Johanna van Staden, en sy ander naasbestaandes.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap