Ses finalejaar teologiestudente is Donderdagaand 21 November in Gemeente Oos-Moot gelegitimeer.
Ds Willem Kok, skriba van die Kommissie van die AKV en vader van een van die studente, het die erediens gelei. Die proponente is Thomas Dreyer, Anel Boshoff, Marina Kok, Waldo Pretorius, Natasha Smit en Mari-Louise Trollip. Marina Kok het al agt Kuratorium-pryse ingepalm, asook die Cules Boshoff-erepenning.
Marina Kok het intussen ’n beroep aanvaar na Potchefstroom; Thomas Dreyer na Malelane; en Natasha Smit na Witrivier.
