Kerk en Teologie – Skrifbeskouing
Jaargang 9 | Desember 2021
Voorwoord
In hierdie uitgawe van die Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) val die soeklig op Skrifbeskouing in die NHKA.
Hoofstuk 1: Woord van God, Bybel, Heilige Skrif
Sedert die Tweede Wêreldoorlog (60 jaar gelede), was daar deurlopende gesprek oor Skrifbeskouing in die NHKA.
Hoofstuk 2: Die Skrifbeskouing van Karl Barth
Karl Barth gaan in sy Skrifbeskouing uit van die grondslag dat ons die Woord van God in sy drie gestaltes leer ken: die geopenbaarde Woord van God [Jesus Christus], die geskrewe Woord van God en die verkondigde Woord van God.
Hoofstuk 3: Karl Barth en ons Hervormde Skrifbeskouing
Die dialektiese teologie van Karl Barth het waarskynlik die grootste invloed gehad op die Hervormde Skrifbeskouing (Breytenbach 1989:329).
Hoofstuk 4: Die vryheid van die eksegeet
Die feit dat eksegese nodig is, hang saam met die karakter van die Heilige Skrif, naamlik dat dit geen towerboek is wat kant en klaar uit die hemel tot ons gekom het nie.
Hoofstuk 5: Outoriteit en kanonvorming in die vroeë kerk
Toe keiser Konstantyn en die kerkvader Eusebius in die vierde eeu na Christus saamgewerk het om ’n bepaalde versameling Christelike geskrifte as kanoniek te verklaar, was teologiese kriteria bepalend vir die keuses wat gemaak is.
Hoofstuk 6: Die ‘kanon’ in die kanon in die prediking
Mense se posisie in die kultuur en samelewing is medebepalend in hul selektiewe lees van die Bybel (Van den Hoogen 1986:422). Die selektiewe lees van die Bybel kan daarin manifesteer dat sekere gedeeltes van die kanon op ’n bepaalde tyd vir ’n sekere groep gelowiges meer gesag het as ander.
Hoofstuk 7: Fundamentalisme
’n Beskrywing van die begrip ‘fundamentalisme’ is nie ’n eenvoudige aangeleentheid nie. Die definisie van James Barr is in hierdie verband welbekend en kan as vertrekpunt dien. Volgens Barr (1981:1) kom fundamentalisme neer op…
Hoofstuk 8: Die Skrifbeskouing van Philipp Melanchton
Philipp Melanchthon (1497-1560) was sedert 1518, as 21-jarige, professor in Grieks in Wittenberg. Hy was die jonger kollega van Martin Luther. Hy en Luther het lewenslank ’n hegte kollegiale band gehandhaaf.
Hoofstuk 9: Historiese-kritiek en/of teologiese hermeneutiek?
Skrifverstaan en -gebruik is fundamenteel aan alles wat in die kerk gebeur. Om dié rede is dit belangrik om voortdurend daaraan aandag te gee. Wanneer ons in gebreke bly om ons Skrifverstaan en -gebruik krities te bedink, is die gevaar groot…
Hoofstuk 10: Skrifbeskouing in die lig van postmoderniteit
Die identiteit van gelowiges in die reformatoriese tradisie hou wesenlik met Skrifbeskouing verband, en veral die vraag of die Skrif die sentrale element in die identiteit inneem.
Hoofstuk 11: Hermeneutiek, Skrifbeskouing en Skrifhantering
In kerklike gesprekke en besluite is daar dikwels verskil van mening. Verskil van mening is belangrik, want dit bewaar die kerk van sektariese of ondeurdagte besluite. Kerklike en teologiese gesprekke kom dikwels tot stilstand omdat die Bybel verskillend verstaan en gebruik word.
Hoofstuk 12: Skrifverstaan en die Nuwe Testament
Hierdie artikel sou in die geheel daaraan gewy kon word om in al die fyner genuanseerde aspekte van die begrip hermeneutiek op te gaan. Dit sal geen oordrywing wees nie indien gestel word dat hierdie begrip oorvloedige aandag en beskrywing in die afgelope dekades ontvang het.
Hoofstuk 13: Skrifbeskouing en waarheidsbegrip
Karl Barth was van mening dat die waarheid van die Bybel nie ’n historiese, geografiese, kulturele of wetenskaplike waarheid is nie. Dit is die waarheid van die evangelie van versoening met God. Hierdie waarheid dui nie op die akkuraatheid van die inhoud nie.
Hoofstuk 14: Die rol van die interpreterende gemeenskap
Hoe verstaan ’n mens ’n teks? Elke teks – enige teks sonder uitsondering – moet geïnterpreteer word. Dít word op ’n ironiese manier selfs bewys deur klagtes oor onverstaanbare artikels in kerklike tydskrifte.