Vind jul vrede in My
Ek het van die Vader gekom en Ek is hier in die wêreld. Nou verlaat Ek weer die wêreld en Ek gaan na die Vader toe. … Kyk, daar kom ’n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Johannes 16: 28, 32-33, AFR1983)
Soms kyk ons soekend om ons rond –
ons smag na sin en vrede.
Ons voel oorspoel deur sinloosheid
in ons gejaagde lewe.
Ons kom tot U, wat deur u Seun
ons roep tot sin en vrede.
Om U te ken, bring waarlik sin
in ons gejaagde lewe.
Bewaar my van mý sin te soek
in my gejaagde lewe.
Laat my alleen op U vertrou –
die bron van sin en vrede.
(Hannes van der Merwe,
Gesang 515: 1-3, Liedboek van die Kerk)
