’n Onuitputlike skat

Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het dit goedgevind om die koninkryk aan julle te gee. Verkoop julle besittings en gee vir liefdadigheid. Maak vir julle beursies wat nie vergaan nie, ’n onuitputlike skat in die hemel, waar ’n dief nie kan bykom en geen mot kan verniel nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Lukas 12: 32-34, AFR2020)

Ons harte is verheug dat God,
beskikker van ons deel en lot,
ons lewe in sy hande hou –
Hóm kan ons alles toevertrou.

Hy wat sy eie weg wil gaan,
sien dwaallig soms vir sterre aan,
en as die skynsel hom bekoor,
dan dwaal hy van die regte spoor.

God ken alleen die regte pad
wat uitloop op die hemelstad;
Hý weet of voor- of teëspoed
die beste is vir ons gemoed.

Waar niemand anders help, help Hy;
as mense wyk, staan Hy ons by.
In rus en vreugde, nood en stryd,
bly Hy dieselfde deurentyd.

(Gerjo van der Merwe,
Gesang 579: 1-4, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap