Die boom dra vrugte by ’n stroom
Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Elke boom word aan sy vrugte geken. Van doringstruike pluk ’n mens mos nie vye nie, en van ’n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Lukas 6: 43-45, AFR1983)
Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
en laat die oes sing in die reën.
Die boom dra vrugte by ’n stroom
en mense pluk ’n nuwe droom.
(CJA Vos,
Gesang 433: 1, Liedboek van die Kerk)