Die Heiland leef!

Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie. Teen dagbreek het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dit is Jesus nie. Jesus vra hulle toe: “My kinders, julle het seker niks om te eet nie?” Hulle antwoord Hom: “Nee.” Hy sê toe vir hulle: “Gooi die visnet uit aan die regterkant van die boot, en julle sal iets kry.” Hulle gooi dit toe uit, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie. Daarop sê die dissipel, die een vir wie Jesus liefgehad het, vir Petrus: “Dit is die Here!” (Johannes 21: 3-7, AFR2020)

Dit is die dag, die Heer se dag!
Die Heiland leef, oorwin die graf
– verbreek sy mag – verdryf die nag.

Die Heer verrys in môrelig.
Getroues sien sy aangesig
en bring met blydskap dié berig.

Halleluja! Halleluja!
Halleluja! Halleluja!
Die Heiland leef, is uit die graf!

(Izak de Villiers,
Gesang 408, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap