God is met jou
Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.
(Jes 54: 10)
God bly met u, waar u ook mag gaan.
Mag sy Gees u lei en heilig
en u altyd deur beveilig.
God bly met u, waar u ook mag gaan.
God bly met u, waar u ook mag gaan.
Deur sy sterke hand behoed Hy,
daagliks met sy manna voed Hy –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
God bly met u, waar u ook mag gaan.
As ons struikel, trek die Vader
deur sy liefde ons weer nader –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
God bly met u, waar u ook mag gaan.
In gevare, angs en lyding
bied sy almag ons bevryding –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
(Attie van der Colf,
Gesang 269: 1-4, Liedboek van die Kerk)
