Die Verlosser word gebore!
Toe sê die engel vir hulle: ‘Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle ’n goeie boodskap wat vir die hele volk ’n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here’ (Luk 2: 10-11, AFR2020).
Daardie nag in Bethlehem
klink die blye engelstem:
“Ere aan God, sing ere aan Hom!
Jesus, Verlosser, Hy het gekom!”
Daardie Kindjie is die Heer.
Seun van God, ons sing u eer.
Soos die herders buig ons die knie;
soos die wyses kniel ons voor U.
Hierdie Kindjie sal regeer.
Voor sy troon buig eng’le neer.
Hy sal ewig Koning wees –
daarom sal sy volk hul verheug.
Van die krip tot voor die troon
– daar waar ons voor U sal woon –
hoor ons lied, o God die Seun:
Ons aanbid net U alleen!
(VONKK 313: 1-4)