Vertrou op God
Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van ’n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal ’n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie. (Prediker 11: 4-6)
Na ploegtyd en na saaityd, na onvermoeide vlyt,
kom steeds die blye oestyd deur u goedgunstigheid.
U stuur na koue winterweer lente met sy bloei,
die winde en die reën en sonskyn wat laat groei.
Alle goeie gawes kom van die Hemelheer.
Ons dank U, Heer, ja, dank U, Heer,
en wil U daarvoor eer.
Ons eer U as die Skepper van alles wat hier groei,
van planttyd en van oestyd; van winter en van bloei.
Neem tog ons danklied aan, Heer, vir gawes ryk en vry.
Ons wil aan U, die Gewer, aan U, ons opbrengs wy.
Alle goeie gawes kom van die Hemelheer.
Ons dank U, Heer, ja, dank U, Heer,
en wil U daarvoor eer.
(Hans du Plessis,
Gesang 461: 1-2, Liedboek van die Kerk)