Geagte Redaksie

Ek wil u net graag hartlik bedank vir die heerlike lees aan Die Hervormer van Augustus 2021. Letterlik elkeen van die artikels was uiters interessant en lekker om te lees.Ek moet tog noem dat die volgende twee artikels besonder goed was om te lees: “Moenie moed opgee nie”, die redaksionele artikel van ds Willem Sauer, en “Fopnuus en die Bybel” van ds Marius Venter.

En natuurlik nodeloos om te sê, die lekkerlag “Stoep-stories” is altyd ’n wenner!

Elmien Botha, Theresapark

Share via
Copy link
Powered by Social Snap