geskryf deur Ds Hennie la Grange (Kampersrus) | Dinsdag, 30 Maart, 2021 | Menings
Een van die heel moeilikste goed wat geloof van jou eis, is dat, as jy God wil dien, jy met mense moet leer klaarkom, selfs met mense wat jy nie vanself sou liefkry nie. Ons kan nie kies om die Here te dien maar mense nie lief te hê nie. God het dié twee wedersyds...
geskryf deur Tessa Oppermann (Afdeling Kerklike Kommunikasie) | Woensdag, 24 Maart, 2021 | Menings
Jy hou vas aan jou perspektief op gebeure. Jy glo wat jy dink jy beleef. Jy leef in jou eie borrel met jou eie insigte en voorkeure en opvattings. En dan begin dinge glip. Dalk het iets onverwags oor jou pad gekom, soos ’n onderonsie tussen twee mense wat jy aanskou...
geskryf deur Ds Hennie la Grange (Kampersrus) | Woensdag, 3 Maart, 2021 | Menings
Die matriekuitslae bevestig wat ons almal geweet het sou kom: Minder matrikulante het die paal gehaal. Te midde van teleurstelling en verwyte gemik teen die Departement, skole en Covid-19, en in ons eie huise teen ons kinders wat nie aan verwagtinge voldoen het nie,...
geskryf deur Tessa Oppermann (Afdeling Kerklike Kommunikasie) | Woensdag, 24 Februarie, 2021 | Menings
Wat laat jou huil? Watter dinge maak die sluise oop sodat die trane onbeheers vloei en die seer net nie wil wyk nie? Ek redigeer iemand se begrafnisbrief, en skielik rol die trane. Ag Here, daar is soveel hartseer nou in die wêreld. Soveel hartseer altyd, elke dag,...
geskryf deur Ds Hennie la Grange (Kampersrus) | Woensdag, 24 Februarie, 2021 | Menings
Twee onverwante beelde bly my by: ’n video van ’n tenkskip waarvan die boeg in stormsee knak en soos ’n melktand wat wissel rondswaai, en die fliek wat sonder twyfel in die ry staan vir ’n handvol toekennings: The trial of the Chicago 7. Ek was lank betrokke by...
geskryf deur Tessa Oppermann (Afdeling Kerklike Kommunikasie) | Woensdag, 3 Februarie, 2021 | Menings
Ek was van plan om vandag my werk te doen – maar ’n bruin voëltjie het in die appelboom gesing, en ’n skoenlapper het oor die veld gefladder, en die bome se blare het my nader geroep. Die wind het oor die land gesug, die grassies heen en weer gegooi, en ’n reënboog...