Dinsdag 22 September – God versterk om ander te versterk

Handelinge 14: 21-23

’n Klein seuntjie roep benoud uit sy kamer: Mamma, ek is bang! Sy ma antwoord: Moenie bang wees nie, Jesus is by jou. Maar die seuntjie roep terug: Ek wil iemand hê met ’n regte vel aan. Hierdie kind se behoefte wys iets wat ons almal ken – dat ons in tye van nood iemand tasbaar, naby en teenwoordig soek.

Paulus se eerste sendingreis eindig nie met ’n triomf nie, maar in vervolging en teenstand vir die jong gemeentes in Listra, Ikonium en Antiogië. Hy besef hulle het geestelike ondersteuning nodig. In plaas van ’n brief of ’n gestuurde afgevaardigde, verander Paulus self sy planne om hulle persoonlik te besoek – hy kom na hulle toe met ’n regte vel aan.

Hy versterk hul geloof deur aanmoediging, gebed en praktiese leiding. Die gemeentes kies geloofsleiers (ouderlinge) en word toegewyd aan die Here. Hierdie konkrete optrede gee hulle nuwe moed om in moeilike tye staande te bly.

Die Here bring vir hulle nuwe perspektief: Die pad na die koninkryk gaan deur verdrukking. Hulle moet nie vasval in hul nood nie, maar bly glo en werk ál is die pad vol struikelblokke.

In ons eie tyd, beleef ons iets soortgelyks. Ons vra ook: Waarheen nou? Geloof voel soms soos ’n doodloopstraat. Maar God stuur steeds mense met ’n regte vel aan – gelowiges wat deur teenwoordigheid, bemoediging en hulp mekaar dra. Soms fisies, soms deur ’n oproep, ’n boodskap, ’n gebed.

God se plan gaan voort, al voel dit soms of alles stilgestaan het. Daarom roep Hy jou op om nie passief te wees nie, maar saam met Hom te beplan en jou plek vol te staan. Neem verantwoordelikheid, organiseer en bou – in jou lewe, in sy kerk en koninkryk.

Want wanneer jy ander dien en hoop bring, word jy self ook versterk.

Gebed

Here ons God, U is ons toevlug en krag in elke nood. Sterk ons geloof, verlig ons twyfel, en lei ons op u pad. Gee ons moed om u wil te doen en liefde om ander te dien. Amen.

Ds Danie Taljard, Sionshoogte

Maandag 3 Augustus – Ons staan saam

Handelinge 5: 17-32 In Handelinge 5 staan die apostels vir die tweede keer voor die Joodse Raad. Hulle word verbied om oor Jesus te praat. Maar tog sien ons dat hulle, ten spyte van die feit dat hierdie raad magtig en wreed was, steeds antwoord met die woorde: Ons...

read more

Sondag 2 Augustus – Geloofsgroei begin by jou

Efesiërs 4: 1-16In Paulus se brief aan die Efesiërs herinner hy ons daaraan dat ons lewenswandel met die roeping wat ons van God ontvang het in oorstemming moet wees. Ons moet lewe met integriteit. Geloof is nie net iets wat in jou hart gebeur nie. Geloof gebeur ook...

read more

Vrydag 31 Julie – Mensewerk of God se werk?

Handelinge 5: 17-42 Handelinge 5 is deel van ’n groter eenheid wat handel oor die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus in Jerusalem. Op grond van die wonders wat Petrus en die ander apostels gedoen het, word hulle egter deur die godsdiensleiers in...

read more

Donderdag 30 Julie – Watter stroom volg ons?

Esegiël 47: 1-12 As gelowiges probeer ons dikwels sin maak van hoe om ons geloof op ’n geloofwaardige manier uit te leef. Daar is soveel stemme, soveel opinies, soveel strominge in hierdie komplekse wêreld. Watter stroom volg ons? Esegiël 47 vertel van ’n stroom...

read more

Woensdag 29 Julie – Ontnugterde geloof

Hebreërs 11: 1-16 Ontnugter. Hierdie woord is waarskynlik ’n raak beskrywing van hoe ons die lewe met tye ervaar. Om ontnugter te wees, beteken dat jy van alle illusies ontneem word, dat jy ruwe teleurstelling beleef. As gelowiges probeer ons om vanuit ons geloof sin...

read more