Sondag 13 September – Wie is ek?
Psalm 8
As ons na die skepping rondom ons kyk, na die grootheid van die ruimte, al die diere groot en klein, die diepte van die see en alles wat daarin leef dan kan ons maar vra: Maar wie is ek dat die Here na my omsien? Wie is ek dat die Here my ken? Wie is ek dat die almagtige God my in sy hand vashou en beskerm? Selfs wanneer ons daardie vrae vra, weet ons dat die Here my op die naam ken, dat daar nie ’n haar van ons kop val sonder dat die Here daarvan weet nie. En daarom juig ons saam met die Psalmdigter: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u naam oor die hele aarde (Ps 8: 10)! En terwyl ons daardie vrae vra het ons ook die voorreg om in ’n persoonlike verhouding met die Here te mag leef en ook sy naam in gebed te mag aanroep.
Gebed
O Gees van God, wie se stem, ek op die wind kan hoor
en wie se asem lewe aan die hele skepping gee,
hoor my gebed!
Ek wat swak en nietig is, maak staat op u mag en wysheid.
Laat my die skoonheid van die skepping ervaar,
en laat my oë altyd die rooi en purper sonsondergang aanskou.
Laat my hande die werk van u hande eerbiedig
en my ore die geruis van u stem hoor.
Gee dat ek die lesse sal leer wat U in elke blaar en klip bewaar het.
Gee my krag, nie om sterker as my broer te wil wees nie,
maar om my grootste vyand – myself – te oorwin.
Maak my altyd gereed om voor U te staan
met rein hande en ’n opregte hart.
(Gebed van ’n Noord-Amerikaanse Indiaan, Jakota – Yellow Lark – 1887)
Ds Liza Jansen, Witbank-Suid
Vrydag 5 Junie –My prentjie van God: God as eenheid en verbondenheid
Johannes 17: 1-26 …sodat almal een kan wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U... (Joh 17: 21). In hierdie aangrypende gebed van Jesus – net voor sy arrestasie – vra Hy nie vir mag, oorwinning of selfs beskerming nie. Hy bid vir eenheid. Nie net vir sy dissipels...
Donderdag 4 Junie – My prentjie van God: God as onverwagse gas
Lukas 24: 13-35 Toe gaan hulle oë oop en hulle het Hom herken... (Luk 24: 31). Twee teleurgestelde dissipels stap kop onderstebo op die pad na Emmaus. Alles waarop hulle gehoop het, het verbrokkel – Jesus is dood, die droom is verby. En toe, op daardie gewone stofpad,...
Woensdag 3 Junie – My prentjie van God: God as Lyer
Jesaja 53: 1-5 Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding… (Jes 53: 5). In ons moderne kultuur word lyding dikwels as iets gesien wat vermy moet word – iets wat ons so vinnig as moontlik moet regmaak of wegwens. Ons neem pynstillers, gebruik vermyding of...
Dinsdag 2 Junie – My prentjie van God: God as die Een binne-in alles
Handelinge 17: 16-29 In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons... (Hand 17: 28). Waar is God? Hierdie eenvoudige vraag het al baie mense op geestelike reise gestuur. Party soek God in sogenaamde heilige ruimtes soos kerkgeboue en katedrale, ander weer in die wetenskap,...
Maandag 1 Junie – My prentjie van God: God as ewige wind
Genesis 1: 1-2 In Genesis 1 lees ons hoe die Gees van God soos ’n wind oor die waters sweef. Hierdie beeld is kragtig: voordat daar vorm, orde of lewe was, was daar reeds die asem van God wat nuwe moontlikhede oopwaai. Ons word herinner daaraan dat hierdie Wind nie...
Sondag 31 Mei (Drie-eenheidsondag) – My prentjie van God: God as misterie
Eksodus 3: 1-14 Ek is wat Ek is (Eks 3: 14). Kan jy nog onthou hoe jy as kind oor God gedink het? Dalk het jy Hom voorgestel as ’n ou man met ’n wit baard op ’n troon, of dalk as iemand streng, ’n polisieman wat alles sien wat jy verkeerd doen. Of miskien het jy Hom...