Woensdag 29 Julie – Ontnugterde geloof
Hebreërs 11: 1-16
Ontnugter. Hierdie woord is waarskynlik ’n raak beskrywing van hoe ons die lewe met tye ervaar. Om ontnugter te wees, beteken dat jy van alle illusies ontneem word, dat jy ruwe teleurstelling beleef. As gelowiges probeer ons om vanuit ons geloof sin te maak van ontnugtering, want dit laat bepaalde geloofsvrae ontstaan. Dit laat ons besef dat geloof ons nie vrywaar van lyding of swaarkry nie.
Die Hebreërs-boek toon begrip vir so ’n ontnugtering in die geloof. Die boek is gerig aan Christene wat vanuit ’n Joodse agtergrond gekom het, maar wat vanweë hul assosiasie met Jesus vervolging en vervreemding beleef het. Die skrywer moedig hierdie gelowiges aan om te volhard in die geloof deur voorbeelde te gee van regte mense wat deur die geskiedenis heen hul geloof ten spyte van ontnugterings beoefen het. Hy vertel van Abel, Henog, Noag en Abraham – almal mense wat deur God as regverdig beskou is vanweë hul gehoorsaamheid aan en nabye verhouding met God.
In al hierdie voorbeelde sien ons hoe geloof aardse werklikhede transendeer. Geloof het nie alles altyd goed laat afloop vir hierdie gelowiges nie. Inteendeel, hul antwoord op God se roepstem het hul vervreemding laat beleef. Hulle was vreemdelinge en bywoners op aarde – uitgeskuif deur die mense en die wêreld rondom hulle. Tog het hierdie ontnugtering nie hul vreugde gesteel nie. Selfs al het hierdie mense gesterf sonder om noodwendig in hul leeftyd die vervulling van al God se beloftes te sien, kon hulle steeds juig omdat hulle in geloof geweet het dat hul tuiste by God is, dat hulle aan God behoort en sal tuiskom in die Vaderland.
Ontnugterde geloof is geloof met diepgang. Dit is geloof wat rekening hou met die harde werklikhede van die lewe. Geloof ten spyte van. Geloof wat deur worsteling heen groei. Geloof wat op pad is, wat verlang na die hemelse stad en op soek is na ’n Vaderland. Vir mense met so ’n geloof is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle ’n stad gereed gemaak.
Dr Marina Kok-Pretorius, Potchefstroom
Saterdag 18 Julie – Stil word
Eksodus 2: 23 tot 3: 17Moses het mos uit Egipte gevlug nadat hy ’n Egiptenaar doodgemaak het. Hy het vir ’n lang tyd in die woestyn gaan leef in die land Median. Daar het hy sy vrou ontmoet en met haar getrou en kinders gehad. Hy het weggekom uit die besige Egipte wat...
Vrydag 17 Julie – Tussen twee vure
Numeri 11: 1-17Aan die begin was almal tog te bly en dankbaar dat hulle weg is van die nare Egiptenare wat hulle so sleg behandel het en waar hulle maar gekrepeer het. Hoe langer die reis begin word het, hoe minder was hul opgewondenheid en later het die mense al hoe...
Donderdag 16 Julie – Maar ek sal vertrou op die Here
Miga 7: 1-7 Die situasie van Miga en sy landgenote is baie beroerd. Dit het generasies vantevore al begin toe Israel in twee geskeur het – die Noordryk en die Suidryk. Van toe af was daar rusie en wantroue onder die twee geskeurde dele van die Israel. Op ’n stadium...
Woensdag 15 Julie – Hoe hanteer gelowiges beproewings?
Jakobus 1: 1-15 Alle mense, so ook gelowiges, gaan beproewings in hul lewe teëkom, maar gelowiges hanteer daardie beproewings op besondere wyses. Eerstens moet gelowiges bly wees oor beproewings. Jakobus sê dat ons nie moet toelaat dat ’n situasie jou onderkry nie,...
Dinsdag 14 Julie – Balans tussen genade en geregtigheid
Eksodus 34: 4-10 Toe Moses in die rotsskeur was, het God by hom verbygegaan en uitgeroep: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde,...
Maandag 13 Julie–– Gefokus op die klein dingetjies?
Matteus 23: 23-39 Die Fariseërs het gedink hulle is goeie gelowiges. Jesus beskryf dan op ’n paar treffende maniere hoe hulle die punt heeltemal gemis het. Hulle wou die wet van God nakom, maar selektief. Jesus begin deur te sê dat hulle die muggie uit hul beker wou...