Woensdag 30 September – INKARNEREND gelowigwees/kerkwees
2 Korintiërs 3: 12-18
Reeds in 2007 verskyn daar ’n boek onder redakteurskap van Stephan Joubert met die titel: Die perfekte storm. Die boek bespreek al die omstandighede wat bydra tot die perfekte storm wat besig is om gelowiges afsonderlik, en die kerk as geheel te tref. In 2024 volg Tom Rainer dit op met ’n artikel, waarin hy aandui dat die storm nou tsunami-afmetings aangeneem het. Hierdie week gesels ons vanuit verskillende hoeke oor die storms in ons geloofslewe en in die bestaan van die kerk. Hierdie tsunami het die potensiaal om ons geloofslewe en ons kerkwees te verwoes.
Hoe nou gemaak as die Here die storm nie dadelik wil stilmaak nie? Ons het die roeping om ten spyte van die tsunami rondom ons, soos ’n Paulus steeds gelowig vorentoe te beur. Ons word dus opgeroep om inkarnerend te leef. Die woord inkarneer verwys na die handeling om iets in ’n fisieke vorm te beliggaam of voor te stel. Dit kan ook beteken om ’n spesifieke idee, kwaliteit of konsep op ’n tasbare manier te laat manifesteer of uit te druk. Paulus verduidelik dit aan die Korintiërs deur gebruik te maak van ’n beeld, naamlik dié van ’n spieël.
In die storms van die lewe behoort ons gedagtes, woorde en dade iets van God se heerlikheid te weerkaats. Dit is ons roeping om ook in die storms iets van Jesus se liefde, omgee en vergifnis aan die mense rondom ons te weerkaats. Dit is vir ’n gebroke sondaarmens bitter moeilik, bykans onmoontlik. Tog is dit die Gees wat hierdie dowwe beeld van ons poging in ’n helder beeld kan verander. Die Afrikaanse treffer Spieëltjie sê ook so: Spieëltjie, spieëltjie sê vir my, hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry?
Ons sluit af met ’n gedig van Annie Johnson Flint:
Christ has no hands but our hands
To do his work today;
He has no feet but our feet
To lead men in His way;
He has no tongues but our tongues
To tell men how He died;
He has no help but our help
To bring them to His side.
Dr Hannes Janse van Rensburg, Zuurfontein / SGB Interimbegeleiding
Saterdag 19 September – God is aan ons kant
Psalm 56Ek het op skool altyd so bietjie ongemaklik gevoel as ons voor ’n hokkiewedstryd gebid het. Natuurlik hoop en wens ons vir ’n wen, maar hoekom sal die Here óns dan nou laat wen – die ander span bid dan nou vir dieselfde ding? So ons het maar gebid dat niemand...
Vrydag 18 September – God is in beheer
Job 38: 24-38Het jy al beleef hoe sterk die wind deur die nag kan waai? Dit kan behoorlik klink soos ’n groot storm wat wil aankom. Maar dan word jy in die oggend wakker en die hemel is weer oortrek met ’n wolkkombers en kry ons weer lekker koud. Maar die lente is in...
Donderdag 17 September – Ons is hier vir ’n rede
Handelinge 17: 26-27Hierdie verse wat ons gelees het, herinner ons aan ’n diepgaande waarheid: God is almagtig en heers oor elke aspek van ons lewens, ook waar en wanneer ons leef. Dit is nie per toeval dat jy op hierdie spesifieke tyd in die geskiedenis leef, of jou...
Woensdag 16 September – Vind rus in God
Matteus 6: 25-34Hoe belangrik is dit vir jou om te rus, om te herlaai? Hierdie kan dalk klink na ’n maklike vraag met ’n maklike antwoord, maar in die tyd waarin ons leef raak dit al hoe belangriker en ongelukkig al moeiliker. In ’n wêreld waar uitslae, status en...
Dinsdag 15 September – Eer Hom in woord en daad
Psalm 24Die Skepper van die aarde en alles daarop verwag by ons ’n lewenshouding en lewenspraktyke wat Hom bo alles eer en respekteer.Ons Here soek ons, Hy soek ons gemeenskap. Hy soek ons lof en aanbidding, ons diensbaarheid en liefde. Ons Here wil dat ons oral en...
Maandag 14 September – God is onmeetbaar
Psalm 19: 2-7Ons het al oor die see uitgestaar op ’n helder dag of die sonsondergang deur die Wildtuin se bome aanskou. Of een of ander natuurramp- of verskynsel wat ’n indruk op ons gemaak het. Laat dit ons anders oor God dink? En indien wel, hoe? Daar is verskeie...