Maandag 28 September – Die storms van die lewe
Matteus 8: 23-27
Die storm op die see kan ook simbolies wees van die onstuimighede in ons lewe. Elkeen van ons kan getuig van die een of ander storm wat ons al in die lewe moes trotseer en daar wag ongetwyfeld nog verdere stormweer in die toekoms op ons. Besluite of gebeure wat dreig om jou menswees te vernietig. Ons kan, soos die dissipels, dadelik en eerste aan onsself dink: Ons vergaan! Wanneer jy as sondaarmens eerste aan jouself dink, kan dit maklik gebeur dat jy bang en selfs kleingelowig raak: Hoekom doen die Here dan niks? Hoekom laat Hy hierdie stormgeweld toe? Hoekom nou? Is Hy dan nie meer lief vir my nie? Gaan Hy my nie red nie? Hoekom slaap Hy terwyl ’n storm om my woed?
Reg deur die Bybel lees ons hoe die storms van die lewe gedreig het om mense se skuitjies om te gooi. Eintlik elke moontlike Bybelse figuur: Eva, Abraham, Moses, Josef, Rut, Samuel, Jeremia, Dawid, Job, die dissipels, Elizabeth, Maria, Paulus, Petrus, Johannes en soveel ander. Ons lees en leer dat storms deel is van die mens se bestaan op hierdie sondige en gebroke aarde. Storms is dus ’n realiteit! Ons kan die meeste daarvan nie verhoed of systap nie. Ons het in die verlede, ons is moontlik tans besig, en ons sal in die toekoms storms in ons lewe hier op aarde ervaar.
Die vraag is dus: Hoe behoort ons in die storms van ons lewe op te tree? Die dissipels in ons verhaal onthou dat Jesus daar saam met hulle in die skuitjie is. Hul eerste reaksie is dié van verwyt: Hoe kan Hy in hul donkerste uur slaap? Hoekom doen Hy dan niks? Gee Hy nie om dat hulle vergaan nie? Ons leer uit hierdie verhaal dat God altyd in ons storms teenwoordig is. Hy is daar! Anders as die dissipels behoort ons fokus van die storm na God te skuif. In die storm is dit my roeping om op God gefokus te lewe.
God maak die storm stil. Daar is weer vrede en rustigheid. Ons kan elkeen uit die verlede getuig dat God die storms in ons lewe stilgemaak het. Natuurlik altyd op sy tyd, plek en manier.
Dr Hannes Janse van Rensburg, Zuurfontein / SGB Interimbegeleiding
Maandag 7 September – Dankbaarheid
1 Tessalonisense 5: 18Hoeveel keer op ’n dag sê jy dankie?Maak ons elke dag tyd om dankie te sê? In ons gejaagde lewe vergeet ons soms van die krag van dankbaarheid. Tog herinner die Bybel ons dat dankbaarheid ’n sleutel is tot vreugde. In 1 Tessalonisense 5: 18 lees...
Sondag 6 September – Blom daar waar jy geplant is
Jeremia 29: 11In ’n wêreld gevul met onsekerheid, herinner God ons aan die waarde om te blom waar ons geplant is. Soms bevind ons onsself in die lewe in omstandighede wat nie ideaal lyk nie. Maar tog in hierdie omstandighede kan ons blom waar ons geplant is.Jeremia...
Saterdag 5 September – Doen reg, bewys liefde en wandel nederig
Miga 6: 8Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is ... dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (Mig 6: 8). Die profeet Miga was ’n profeet in Juda en leef in ’n tyd van groot onreg – rykes onderdruk...
Vrydag 4 September – ’n Lig op ’n heuwel
Matteus 5: 14Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matt 5: 14).Koninkrykstyd is ’n wonderlike deel van die Kerklike jaar – dit herinner ons, dat ons nie net gelowiges is vir onsself nie, maar dat ons draers is van...
Donderdag 3 September – Die saad groei stilweg
Markus 4: 26-27Die koninkryk van God is soos ’n man wat saad op die land saai… (Mar 4: 26). ...die saad ontkiem en groei sonder dat hy weet hoe (Mar 4: 27).Jesus gebruik dikwels beelde van die natuur en van groei om die Koninkryk van God te beskryf. Hierdie is ’n...
Woensdag 2 September – Die waarde van stukkend wees
Efesiërs 2: 10Nee God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Ef 2: 10).Wanneer ons vakansie by die see hou, kan ek vir ure na die kinders kyk wat skulpies op die strand optel....