Vrydag 25 September – Mosterdsaad geloof

Lukas 17: 1-6

In ons wandel met die Here kom daar oomblikke wanneer die opdragte van Jesus ons oorweldig. Om nie ’n ander te laat struikel nie, om onophoudelik te vergewe, om met nederigheid te dien. Dit voel soms bo ons vuurmaakplek. Net soos die apostels roep ons partykeer uit: Here, gee ons meer geloof!

Jesus se antwoord verras. As julle maar geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam (Luk 17: 6b). Jesus verwys na die kleinste saad wat ’n mens met die oog skaars kan sien en tog dra dit in hom alles wat nodig is om ’n groot boom te word wat ander kan beskut.

Met hierdie beeld sê Jesus vir ons: Geloof is nie ’n kwessie van hoeveelheid nie, maar van vertroue. God het uit genade aan elkeen van ons geloof geskenk. Dit is reeds in ons teenwoordig, waar dit groei deur die werking van die Heilige Gees. Ons hoef nie vir meer te vra nie; ons word opgeroep om te leef volgens die geloof wat ons reeds ontvang het.

Soos ’n saad in die grond geplant word om te groei, so moet ons geloof geleef en beoefen word. In gehoorsaamheid, vergifnis en liefde. Nie in eie krag nie, maar in vertroue op God se beloftes.

Onthou dit is nie die grootte van jou geloof nie, maar die grootheid van die God in wie jy glo. Gebruik die geloof wat jy het, al voel dit klein en broos.

Ons het nie méér geloof nodig nie, ons het ’n groot God nodig in wie ons die klein geloof wat ons het, met vrymoedigheid kan leef. Mag jou geloof, soos ’n mosterdsaadjie, in God se hand vrug dra tot sy eer. Mag elke gelowige bewus word daarvan dat ons die mosterdsaadgeloof reeds in ons dra, duur gekoop deur Christus aan die kruis. Vanuit daardie oorwinning kan ons elke dag met die Here waag en Hom vertrou vir die wonderwerk.

Ds Danie Taljard, Sionshoogte

Dinsdag 18 Augustus – Alle mense is by God welkom

Efesiërs 2: 11-18Kom, dink vandag by die lees van die teks en die boodskap daaruit bietjie daaroor: Wat is die waarde van my lewe vanuit God se perspektief? Hoekom het Hy my uitgekies? Wat moet ek doen? Hoe doen ek dit?Die koms van Jesus na die wêreld was om God se...

read more

Maandag 17 Augustus – Begin goeie werke doen

Efesiërs 2: 1-10Dit is vir God belangrik dat jy iewers saam met ander mense deel sal wees van so ’n gemeenskap van gelowiges. Jy moet behoort, want jy is uitgekies en by God het jy ’n spesiale plek. Want die sonde probeer alle verhoudinge in die mens se lewe tot ’n...

read more

Sondag 16 Augustus – Jy het ’n plek by God

Efesiërs 1: 1-14Ons gebruik maklik die woorde gemeenskap van gelowiges. Waarna verwys dit? Wat is dit? Wie kan daaraan behoort? Watter kenmerke moet so ’n gemeenskap vertoon of uitleef? Watter tipe lewenswyse en optredes moet sigbaar wees? Ons gaan die week, elke dag...

read more

Saterdag 15 Augustus – Jesus, Jakobus en Johannes

Markus 10: 35-40Weet ons waarvoor ons bid, wanneer ons bid? Ons lees dat Jesus drie verskillende kere vir die dissipels die aankondiging maak oor wat gaan gebeur wanneer hulle nou binnekort in Jerusalem instap. Jesus doen dit duidelik, eenvoudig en verstaanbaar.Tog...

read more