Donderdag 24 September – Hoop wat groei!
2 Korintiërs 1: 3-11
Dit is Hy wat ons uit so ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red (2 Kor 1: 10).
In 2 Korintiërs 1 gee Paulus ons ’n kosbare blik op hoe hoop ná ’n moeilike tyd versterk word naamlik deur God, gebed en gemeenskap.
Eerstens anker Paulus sy hoop in God. Hy sê in vers 10a: Dit is Hy wat ons uit so ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Paulus glo vas dat God se redding nie altyd beteken dat gevaar verdwyn nie, maar dat God krag gee om daarin te volhard. Te midde van sy eie magteloosheid leer Paulus om op God te vertrou. Hierdie hoop is nie oppervlakkig nie – dit is diep gewortel in die werklikheid dat God ons getrou bystaan, al gaan ons deur vuur.
Tweedens put Paulus hoop uit die gebede van ander gelowiges. Hy sê dat hulle gebede ’n seën van God bring. Wanneer jy weet ander dra jou in gebed, ervaar jy dat jy nie alleen dra nie. Gebed bou die liggaam van Christus op en gee nuwe moed in moeilike tye.
Derdens leer Paulus dat hoop groei wanneer ons betrokke raak by mekaar se swaarkry. In vers 7 sê hy: Net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het. Deur ander se pyn raak te sien en iets daaraan te doen, hoe klein ook al, kry ons eie lyding betekenis. Hierin lê ’n goddelike geheim: wanneer jy dien, word jy self versterk.
Dink terug aan tye toe God jou gedra het, toe gebede jou versterk het, en toe jy ander kon help. Dit is hoe hoop groei – deur herinnering, deur gebed, en deur liefdevolle diens.
’n Bekende teoloog het dit so verwoord: Hoop word gebore wanneer ’n mens bo sy eie wanhoop uitstyg deur betrokke te raak by die vreugde en pyn van ander.
Geliefdes, hou vas aan God. Hy het gered, Hy red nou, en Hy sal weer red. Dit is ons vaste hoop, selfs ná die moeilikste tye.
Ds Danie Taljard, Sionshoogte
Vrydag 14 Augustus – Jesus en die Kanaänitiese vrou
Matteus 15: 21-28Jesus laat weet eendag vir die dissipels dat hulle eerder deur Tirus en Sidon gaan reis en nie die gewone ompad gaan vat nie. Die dissipels wil dit glad nie hoor nie. Tirus en Sidon is dan in Samaria, en volgens die Jode is die Samaritane anders, die...
Donderdag 13 Augustus – Jesus en die storm
Markus 4: 35-41Daar is so paar dinge wat ons vir mekaar kan sê nadat ons die verhaal van Jesus wat die storm stilmaak gelees het:Die eerste punt is dat die reistog Jesus se voorstel was. Dit is Hy wat die leiding neem en vir die dissipels sê wat volgende gaan...
Woensdag 12 Augustus – Jesus op die water
Matteus 14: 22-29Elkeen van ons het ’n gemaksone in ons lewe. In hierdie gemaksone weet ons wat om te verwag en hoe om op te tree. In hierdie gemaksone is ons veilig en ons voel welkom en ons is tuis. Ons weet hoe om te wees in hierdie gemaksone. Dit is die huis, die...
Dinsdag 11 Augustus – Jesus en die Romeinse offisier
Matteus 8: 5-13Ons lees in die teks vir vandag dat daar ’n Romeinse offisier was en dat sy Joodse dienaar siek geword het. Van hierdie Romeinse offisier kan ons ’n paar dinge sê:Hy kon as ’n Romeinse burger met minagting neergekyk het op die klomp Jode wat om hom was,...
Maandag 10 Augustus – Jesus, na U hunker ek!
Matteus 21: 1-11Wanneer ons die Bybel lees word ons op soveel verskillende plekke bewus van die groot vreugde en opwinding wat die dissipels en ander gelowiges gehad het terwyl hulle daar naby aan Jesus beweeg, geleef en bestaan het. Natuurlik sal daar vreugde, genot,...
Sondag 9 Augustus – Jesus, deur Stefanus
Handelinge 6: 1-14; 7: 54-60Kort na die kruisdood, opstanding en Hemelvaart van Jesus Christus lees ons in die Handelinge van die apostels hoe bedrywig hulle in daardie dae was. Hulle is in die wêreld besig om die Goeie Nuus van Jesus Christus met almal te...