Menings
As lewe ’n keuse word
Op 23 Februarie 2026 het die bekende Suid-Afrikaanse verhoog- en televisiepersoonlikheid, Ian von Memerty op die ouderdom van 61 jaar sy lewe beëindig in ’n Johannesburgse hotel. Wat sy dood uniek maak, is die openheid waarmee hy in die aanloop daartoe daaroor gepraat...
Jy word doof! Jy stomp af!
Gedurige besigwees is soos aanhoudende geraas – dit maak jou doof. Jy hoor naderhand nie meer nie. Geloof gebeur net waar jy kan hoor en kom van dit waarna jy luister. Mense wat moeilik hoor, besef dit aanvanklik nie. Hulle word al hoe dower, maar glo dat hulle...
’n Leenpreek is geen verleentheid nie
Ek het gedink ek is geseën met kollegas wat saamwerk aan preke en erediensinkleding. In my bediening was ons uit die staanspoor ’n span. Ons het gereeld byeengekom om oor Sondag se erediens te praat, saam oor eksegese en hermeneuse te dink en idees uit te ruil. Ons...
Verleë oor Israel?
Onlangs is daar oor die radio vir gelowige mense se menings gevra oor die stand van sake in die Midde-Ooste, en spesifiek oor hul siening van Israel. Talle mense het geantwoord dat hul dominees die hele krisis in die Midde-Ooste ignoreer asof dit nie bestaan nie....
Aanstoot
Daar is dalk nie baie van ons wat Gary Lineker ken nie? Dié van ons wat Engelse Voetballiga-vrate is sal dalk weet dat hy BBC se Match of the Day aanbied. So gewild is Lineker, sportaanbieder, dat hy by verre die BBC se bes betaalde omroeper op radio en televisie is....
Net 200 jaar? Nee, nimmereindigende genade!
Die notule van die eerste onafhanklike Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk aan die Kaap lees soos enige kerkvergadering s’n: redelik vervelig. Maar daar is tog hier en daar ’n juweeltjie wat by nabetragting tot vandag toe nog lig werp op ons kerkwees in...
Terwyl die Kerk deur my vingers glip
Sensuur? Vir alle praktiese doeleindes bestaan sensuur nog net om predikante te tug, en dan ook meestal slegs oor lewenskwessies, selde oor dwaalleer. Wanneer ampsdraers tog getugtig word – as tugtiging immers is wat met sensuur bedoel word – is baie daaroor gegrief....
Ouma, ek soek ’n drukkie…
Klein Michael is knieserig. Hy sit by sy tafeltjie in Ouma se kantoor, lusteloos aan die speel met sy karretjies. Dan vra hy saggies: Ouma, ek soek ’n drukkie... Op die hoek by die verkeerslig kyk die dame met ’n moedige glimlag direk in my oë. Op haar bord is in...
Afgeleer
Ek onthou die sewentigs, maar nie met nostalgie nie. Self ’n tiener, het ek met afgryse beelde gesien van kinders jonger as ek, wat teen die polisie politiek speel. Kinders wat op skool moes wees, maar juis in geen klaskamer dood gesien wou wees nie. Die ironie! Dit...
’n Ander agenda
In Brittanje was ek in die beheerraad van ’n liefdadigheidsorganisasie. Dié ding het sy eie moeilikheid gehad: Dit moes alles vir almal probeer wees en was op die ou end toe nie veel vir enigeen werd nie. Maar dit is lewend gehou want dit was die politiek korrekte...

























