Omsendbriewe en ander skrywes
31. 74ste AKV: Finale reëlings
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 1 Oktober 2025
Ons sien uit daarna om u volgende week by die vergadering te verwelkom!
30. Augustus lidmaattelling
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 25 September 2025
Ordinansie 2.2 van die Kerkorde bepaal wie beskou word as lidmate van die Kerk. Die 66ste Algemene Kerkvergadering het besluit dat die Augustus-sensusopname verpligtend is.
Lees die dokumente:
29. Mnr Van Rooy van den Berg: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 12 September 2025
Mnr Van Rooy van den Berg – Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening
28. Teologiese Opleidingsfonds van die NHKA
van die Teologiese Opleidingsfonds, 9 September 2025
Dit is opnuut ‘n besondere voorreg om voor die AKV van 2025 verslag te doen oor die Teologiese Opleidingsfonds (die Fonds) se beleggings en finansiële stand tot einde Februarie 2025.
27. Toibo spesiale deurkollekte: 7 September 2025
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 1 September 2025
In die antieke tyd was mense met gestremdhede uitgelewer aan ander se genade. Hulle is beskou as minderwaardig en selfs dat hulle deur God gestraf is. Die Joodse wet het bepaal dat hulle nie in die tempel mag diens doen nie (Levitikus 21: 16 tot 23), omdat hulle die heilige voorwerpe sou ontheilig.
26. Predikantepaneelnavorsing
van Die Hoof: Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 13 Augustus 2025
Die Moderamen het besluit om saam met die NG Kerk aan hierdie jaar se Predikantepaneelnavorsing deel te neem.
25. 74ste Algemene Kerkvergadering: Agenda, geloofsbriewe en etes
van Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 7 Augustus 2025
Die agenda vir die 74ste Algemene Kerkvergadering is by die volgende skakel beskikbaar: https://nhka.org/amptelik/algemene-kerkvergadering-akv/. U word vriendelik versoek om dit voor die AKV op u rekenaar af te laai. Die webblad van die Kerk sal nie al die verkeer kan dra indien ’n groot aantal afgevaardigdes die agenda tydens die AKV wil aflaai of lees nie.
24. Rentekoers op Kerkgeld vir Kerkwerkbeleggings
van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 7 Augustus 2025
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het op 31 Julie 2025 ’n verdere rentekoersverlaging van 25 basispunte aangekondig, wat die repo-koers tot 7% en die prima uitleenkoers tot 10.5% verlaag het. Hierdie besluit is geneem teen die agtergrond van gematigde inflasie en positiewe ekonomiese vooruitsigte.
23. Sinodale offergawes - volhoubaarheidsmodel
van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 9 Junie 2025
Daar is reeds vir baie lank ’n debat in die Kerk oor die mees toepaslike model waardeur die sinodale uitgawes van die NHKA bekostig kan word. Die bestaande model gaan uit van ’n bydrae per belydende lidmaat.
22. Preekbeurte
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2025
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 5 en 6 Junie 2025 versoek dat daar ’n lys van predikante wat beskikbaar is om preekbeurte waar te neem…
21. Mev Deirdré van der Merwe: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2025
Mev Deirdré van der Merwe, voormalige predikant van die Kerk en ook tevore werksaam in die Ringe van Germiston (Gemeente Brackenhurst), Krugersdorp (Gemeente Krugersdorp-Wes), Losberg (Gemeente Randfontein Midpark) en Vereeniging (Gemeentes Bethlehem/Reitz), het aansoek gedoen om hertoelating tot die evangeliebediening.
20. Leef betekenisvol met Pinkster
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 29 Mei 2025
Met Pinkster dink ons onder andere terug aan hoe die Heilige Gees in die eerste gemeente gewerk het. Die ADV Kommissie het besluit om gemeentes en veral individuele gelowiges op te roep om hierdie Pinkstertyd besondere moeite te doen om na mekaar en na ander uit te reik.
19. Skenk van rentes vir die Fonds vir Sinodale Dienslewering
van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 7 Mei 2025
Die Raad van Finansies wil graag die ringskommissies, gemeentes en NHSV-takke bedank dat u surplusfondse in die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel belê. Die Raad se beleggingstrategie is tydens die Covid-19-pandemie gewysig om die beste moontlike opbrengs te verseker.
18. Rentekoers op Kerkgeld vir Kerkwerk-beleggings
van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 5 Mei 2025
Ons wil u graag hiermee inlig dat die rentekoers van die Kerkgeld vir Kerkwerk-stelsel onveranderd op 8.5% per jaar bly.
17. Hoop vir 'n kind – Kinderbeskermingsweek en spesiale deurkollekte
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 30 April 2025
Kinderverwaarlosing en alle vorme van mishandeling is ’n baie “donker” deel van die samelewing, skryf Nicolene Cordier, assistent-direkteur van Rata.
16. Oproep na die 74ste Algemene Kerkvergadering
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 23 April 2025
Volgens Ordinansie 4.4.4 (ii) word almal wat lede is van die 74ste Algemene Kerkvergadering van die NHKA, opgeroep om by die vergadering teenwoordig te wees vanaf Maandag 6 Oktober tot Vrydag 10 Oktober 2025.
Lees die dokumente:
15. Pensioenbydraes aangetoon vir die belastingjaar wat eindig op 28 Februarie 2026
van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 30 Maart 2025
Die belastingvoordeel vir die berekening van die predikant se belasting ten opsigte van die 2025/2026-belastingjaar word vir u in dié skrywe uiteengesit.
14. Geloofsverklaring 2025
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 26 Maart 2025
Omsendskrywe 35 van 2024 het verwys na Besluit 17 van die 73ste Algemene Kerkvergadering en die voortvloeiende versoek van die Kommissie van die AKV aan prof WA Dreyer om ’n eietydse geloofsverklaring op voetspoor van die Barmen-verklaring van 1934 op te stel..
13. Nominasies vir die Kuratorium-erepenning (voorheen HCM Fourie-erepenning)
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 26 Maart 2025
Die Kuratorium is verantwoordelik vir die toekenning van die Kuratorium-erepenning (voorheen HCM Fourie-erepenning) tydens elke Algemene Kerkvergadering. Om die toekenning verantwoordelik te doen, word u vriendelik versoek om nominasies, aan die hand van die aangehegte reglement, bepaling 5, aan die Kuratorium voor te lê vir moontlike oorweging.
Lees die dokumente:
12. Almanak 2026 inligting en lidmattelling – Februarie 2025
van die Afdelingshoof: IT, 17 Maart 2025
Die opdatering van gemeente- en predikante-inligting asook lidmaattellings geskied met behulp van die e-
Almanak-toepassing.
Gemeentes wat reeds oor ’n NHKA-Microsoft 365-lisensie en @nhk.co.za-e-posadres beskik, kan direk
toegang verkry tot die toepassing via die skakel in hierdie e-pos.
Lees die dokumente:
11. Nominasies vir die toekenning van die erepenning vir besondere dienslewering
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 5 Maart 2025
Komitees, kommissies, gemeentelike komitees, ringskomitees of enige ander kerklike liggaam kry geleentheid om nominasies te maak vir die toekenning van ‘n erepenning vir besondere dienslewering in die Kerk.
Lees die dokumente:
10. Verslag aan die 74ste Algemene Kerkvergadering
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Februarie 2025
Omsendskrywe 3 van 2025 verwys.
Ringskommissies word opnuut versoek om hulle ringsverslae en beskrywingspunte teen 9 Mei 2025 aan ondergetekende deur te stuur met die oog op opname in die Agenda van die 74ste AKV.
9. Spesiale deurkollekte: DPS-huise
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 13 Februarie 2025
Die blote gedagte dat kinders verwaarloos, mishandel of wees gelaat word, laat baie mense koud. Ons kan ons gewoonlik nie indink dat iemand so wreed kan wees, of dat sulke tragedies oor kinders se lewens kan kom nie.
Tog, as Hervormde Kerk wil ons positief betrokke raak, want ons het warm harte vir kinders wat swaarkry. Om die waarheid te sê, ons harte klop al warm vir meer as ’n 100 jaar!
8. Traktement- en orrelisteskale vir 2025/2026
van die Bedryfshoof, 12 Februarie 2025
Die jaar is reeds goed op dreef en ons weet dat gemeentes nou druk besig is met begrotings wat op die eerskomende kerkraadsvergadering bespreek en goedgekeur moet word.
7. Rentekoers op Kergeld vir Kerkwerkbeleggings
van die Bedryfshoof, 11 Februarie 2025
Ons wil u hiermee in kennis stel dat die rentekoers op u belegging onveranderd bly op 8.5% ten spyte van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se rentekoersverlaging van 0.75% sedert Augustus 2024.
6. Nuwe Alexander Forbes Konsultant
van die Bedryfshoof, 4 Februarie 2025
Ons wens u mee te deel dat me Elsie Boonstra nou in Nieu-Seeland woonagtig is en nie meer by Alexander Forbes werksaam is nie. Ons nuwe konsultant by Alexander Forbes is me Marelize Barnard en haar kontakbesonderhede is soos volg:
5. Donasies vir ons jaarlikse DPS-gesinskamp en -kinderkamp
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 3 Februarie 2025
Dit is weer tyd vir die jaarlikse DPS-gesinskamp gedurende Maart, en ons is reeds volstoom aan die beplan om dié jaar se kamp weer eens ’n sukses te maak.
4. 10de Algemene Diakensvergadering en Ubi Caritas-simposium: 20 tot 22 Maart 2025
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 29 Januarie 2025
Sedert 1998 vind die Algemene Diakensvergadering elke drie jaar plaas, en vanaf 2016 word dit voorafgegaan deur die Ubi Caritas-simposium oor Christelike barmhartigheid. Soos u weet het die 73ste AKV ’n besluit geneem dat die diakonaat deel moet uitmaak van die Algemene Kerkvergadering.
Lees die dokumente:
3. Jaarverslae en ringsverslae 2025
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 6 Januarie 2025
Met die 74ste Algemene Kerkvergadering (AKV) wat vanjaar in Oktober plaasvind, moet die ringsvergaderings weer vroeër as gewoonlik afgehandel word. Alle beskrywingspunte aan die AKV (of kommentaar op beskrywingspunte) wat via ringsvergaderings ingedien word, moet die kantoor van die Kommissie reeds voor of op 9 Mei 2025 bereik.
Lees die dokumente:
2. Discovery: Persoonlike gesondheidspaaie
van Die Hoof: Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 23 Januarie 2025
Persoonlike gesondheidspaaie is ’n gratis lojaliteitsprogram wat deur Discovery op 1 Januarie 2025 geloods is en ten doel het om lede te help om eienaarskap te aanvaar vir hul gesondheid. Dié program bied aan hul lede toegang tot hul profiele en gereelde mediese siftingstoetse wat die algehele welstand van predikante sal bevorder.
1. WGGK/WCRC: Global Reformed Advocacy Platforms for Engagement (GRAPE): Aansoeke vir die GRAPE-opleidingsprogram
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 6 Januarie 2025
Die kantoor van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het die aangehegte dokumentasie ontvang wat ons graag vir predikante en gemeentes se kennisname stuur. U is welkom om dit veral onder die aandag van jong lidmate te bring.
Lees die dokumente:
2024
50. Die impak van barmhartigheidswerk
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 3 Desember 2024
Die negende ADV het in 2022 begin met ’n ondersoek na die impak van barmhartigheidswerk in en deur die NHKA. ’n Vraelys is uitgestuur en een van die resultate daarvan was die Leef betekenisvol-beweging wat die lig gesien het met ’n uiters suksesvolle webinar wat op 13 November 2024 gehou is.
Lees die dokumente:
49. Nominasies vir die Jan Reynierz-erepenning
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 3 Desember 2024
Die Jan Reynierz-erepenning word elke drie jaar toegeken vir besondere dienslewering op die terrein van die diakonaat. Dit vind tydens die 10de ADV en Ubi Caritas-simposium van 20 tot 22 Maart 2025 plaas.
Lees die dokumente:
48. Sinodale offergawes: 2025-2026
van die Bedryfshoof, 27 November 2024
Ons is bewus dat gemeentes hard besig is met die opstel van hul begrotings vir voorlegging aan die finansiële komitee en kerkraads- en gemeentevergaderings voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar op 1 Maart 2025.
47. Voordele van rente-inkomste vir die tydperk September 2023 tot Oktober 2024
van die Bedryfshoof, 25 November 2024
Die doel van die skrywe is om u in te lig rakende die voordele wat die Kerk vanuit lopende bankrekeninge (tjekrekeninge) oor die afgelope tydperk ontvang het deur middel van oornagfasiliteite (sweeping) se rente-inkomste.
46. Rentekoers op beleggings in die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel
van die Bedryfshoof, 25 November 2024
Ons wil u graag inlig oor ’n onlangse besluit van die Raad van Finansies rakende die rentekoers op u belegging in die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel.
45. Inligting- en Besprekingsvergadering: 20 Februarie 2025
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 20 November 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 4 tot 6 September 2024 besluit om ‘n Inligting- en Besprekingsvergadering te hou op Donderdag 20 Februarie 2025 vanaf 09:00 tot 15:30 te Gemeente Pretoria-Oos (Delyweg 100, Waterkloofpark).
Lees die dokumente:
44. Kraamverlof en werkloosheidsversekering vir vroulike predikante
van die Bedryfshoof, 18 November 2024
Die Sinodale Dienssentrum wil u graag inlig oor die reëlings rakende kraamverlof vir vroulike predikante en die eise teen die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).
43. Opleidingsgeleentheid: Tuisversorgers
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 14 November 2024
Versorging van veral bejaardes in Suid-Afrika is besig om by die dag uitdagender te word. Wetgewing en ander nakomingsvereistes maak institusionele versorging meer en meer onbekostigbaar wat dit gevolglik buite die bereik van die gemiddelde lidmaat plaas. Om hierdie uitdagings die hoof te bied, het ons begin om te fokus op die opleiding van tuisversorgers.
Lees die dokumente:
42. Belastingnakomingsertifikate
van die Hoofnakomingsbeampte NHKA, 12 November 2024
As deel van nakoming is dit belangrik om binne die werkruimte van die Kerk alle risiko’s te moniteer en spoedig met enige afwykings te handel. Ons bevind onsself tans in die belastingseisoen en gevolglik ook die tyd om u jaarlikse inkomste as werknemers by Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) te verklaar.
41. Sanlam-nominasievorm
van die Bedryfshoof, 5 November 2024
Ek glo dat die meeste van u weet dat die NHKA Pensioenfonds nie meer bestaan nie. Al die pensioengeld wat in die NHKA Pensioenfonds was, is oorgedra na die Sanlam Sambreelfonds.
Lees die dokumente:
40. Vergaderdatums vir 2025 van die Moderamen en Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 Oktober 2024
Die Moderamen het by hul vergadering gehou op 11 Oktober 2024 die volgende vergaderdatums vir 2025 bevestig wat deurgestuur word vir u kennisname.
39. Mev Rika van Staden: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 Oktober 2024
Mev Rika van Staden, voormalige predikant van die Kerk en ook tevore werksaam in die Ringe van Pretoria (Gemeente Pretoria-Oos) en Vrystaat (Gemeentes Welkom en Goudveld), het aansoek gedoen om hertoelating tot die evangeliebediening.
37. Teologiese Opleidingsfonds
van Die Teologiese Opleidingsfonds, 25 September 2024
Dankie dat u tydens die ringsvergaderings vanjaar die video vertoon het wat die fondse wat vir teologiese opleiding geoormerk is, mooi verduidelik het. Ons hoop dit was bruikbare inligting. Hierdie skrywe het ten doel om verslag te lewer oor die eerste vyf maande van die nuwe finansiële jaar…
35. Bybelverspreiding
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 12 September 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het daarom vir prof WA Dreyer versoek om ’n vertaling van die Barmen-verklaring voor te berei.
34. Bybelverspreiding
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 12 September 2024
Die Kommissie het geen voorstelle vir wysiging van Ordereëls vanuit die Kerk ontvang nie.
Kluster 3 (’n werkgroep van die Kommissie) het ‘n voorstel na oorleg met die Algemene Diakensvergadering en Raad vir Kerkregtelike Advies ingedien ten opsigte van Ordereëls 4.5 en 9.2. Lees verder
33. Bybelverspreiding
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 12 September 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 September 2024 indringend gesprek gevoer oor Bybelverspreiding, en bedank gemeentes vir hul finansiële bydrae tot die werk van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA).
32. MIV/VIGS-werkswinkel
van die Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 28 Augustus 2024
MIV/VIGS is steeds ’n groot realiteit waarmee die Kerk en haar diensorgane rekening moet hou.
31. Spesiale deurkollekte: Kinders met gestremdhede (TOIBO)
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 28 Augustus 2024
Eerskomende Sondag, 1 September, is ons Kerk se jaarlikse vrywillige deurkollekte ten bate van TOIBO se hulp aan kinders.
30. TraumaNetwerk
van die Projekleier: Sentrum vir Gemeentelike Bediening: TraumaNetwerk, 13 Augustus 2024
Die TraumaNetwerk wat tydens die 73ste Algemene Kerkvergadering bekendgestel is, het ‘n toepassing (app) ontwikkel wat die afgelope tyd in die Blitspos en op die Kerk se Facebook-blad geadverteer is.
29. Aanlynlewe en digitale voetspoor van gemeentes
van die Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 29 Julie 2024
Die SGB se waarneming die afgelope 24 maande is dat gemeentes wat ’n aanlynlewe vestig en uitbou, bepaalde groei en ontwikkeling ervaar. Uit navorsing wat op gemeentes en gemeente-ontwikkeling spesifiek betrekking het, blyk dit dat die digitale voetspoor en aanlynlewe van ’n gemeente meer gespesialiseerde aandag verg. Die SGB begelei gemeentes om ten opsigte van die aanlynlewe van ’n gemeente die volgende stap te neem.
28. Bybelverspreiding
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 25 Julie 2024
Die Moderamen het by hul vergadering gehou op 19 Julie 2024 kennis geneem dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) pas weer ’n ingrypende herstrukturering gedoen het, en hul personeelstruktuur, veral by die BSA se kantoor in Kaapstad, aansienlik ingekort het.
27. Kerkwees 200: Verlede, hede, toekoms
van die Voorsitters: Algemene Sinode Moderamen (NG Kerk in Suider Afrika) en Algemene Kerkvergadering (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika), 16 Julie 2024
In 2024 herdenk die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika twee eeue van selfstandige kerkwees in Suider-Afrika…
26. Beleid op onbillike diskriminasie, viktimisasie en seksuele teistering in die werkplek
van die Hoofnakomingsbeampte NHKA, 11 Julie 2024
Almal wat deur God in genade uitverkies is en deur die Heilige Gees in Jesus Christus glo, is lede van die kerk van Jesus Christus.
25. Uitvoering van die 73ste Algemene Kerkvergadering se besluit oor 'n kerkmusieklisensie
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 en 7 Junie 2024 kennis geneem dat daar ongeveer 50 gemeentes is wat nog nie die kerkmusieklisensie by Bybel-Media uitgeneem het nie, soos verduidelik in Omsendskrywe 13 van 2023.
24. Pensioenwetgewing - tweepotstelsel; Nasionale Gesondheidsversekering as wet bekragtig
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2024
Alle predikante, werknemers en werkgewers is waarskynlik reeds deeglik bewus van die naderende verandering in Pensioenwetgewing wat toegang tot ‘n gedeelte van aftreefondse reeds voor aftrede moontlik maak.
President Cyril Ramaphosa het ook op Woensdag 15 Mei 2024 die NGV-wetsontwerp as wet bekragtig met sy handtekening.
23. Groeiende tekort aan predikante in die NHKA en NGK
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 en 7 Junie 2024 gesprek gevoer oor die groeiende tekort aan predikante in die Hervormde Kerk, en ook in die NG Kerk met wie ons ’n bilaterale ooreenkoms het.
22. Mnr Louis Venter: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2024
Mnr Louis Venter, voormalige predikant van die Kerk en ook tevore werksaam in die Ring van Rustenburg (Gemeente Rustenburg-Tuine), het aansoek gedoen om hertoelating tot die evangeliebediening.
21. Jeugwerkgebruike in die Kerk
van die Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 28 Mei 2024
Omsendskrywe 18 van 2024 gedateer 24 April 2024 verwys. Die Komitee vir Jeugbediening het u hulp nodig om inligting in te samel oor die huidige jeugwerkgebruike in die Kerk. Indien u gemeente nog nie die volgende kort vraelys wat ses vrae bevat ingevul het nie, word u vriendelik versoek om dit teen 14 Junie 2024 te voltooi.
20. Navorsingsprojek: Die herdefiniëring van die Suid-Afrikaanse kerkmusieklandskap - 'n beskouing deur leraars en kerkmusici
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 23 Mei 2024
Ons het reeds in Omsendskrywe 14 van 2024, gedateer 17 April 2024, verduidelik dat die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering aan prof Gideon Els, voorsitter van die SA Kerkorrelistevereniging (SAKOV), toestemming verleen het…
19. Kindermishandeling - spesiale deurkollekte 2 Junie 2024
van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 23 Mei 2024
Kindermishandeling is ’n realiteit in elke gemeenskap van ons land. Dit kom voor binne elke gemeente se grense. En dit gaan dikwels ongehinderd voort, onder die radar van dié wat iets daaraan kan doen.
17. Aktuele aangeleenthede in Suid-Afrika
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 19 April 2024
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het tydens ’n vorige vergadering (1 Maart 2024) besluit dat ’n brief aan gemeentes van die Hervormde Kerk gestuur word, wat handel oor aktuele aangeleenthede in Suid-Afrika in die aanloop tot die nasionale verkiesing wat op 29 Mei 2024 sal plaasvind.
16. Kerkmusiek feesvierings
15. Die 200-jarige herdenking van die eerste Algemene Kerkvergadering in 1824
14. Navorsingsprojek: Die herdefiniëring van die Suid-Afrikaanse kerkmusieklandskap – 'n beskouing deur leraars en kerkmusici
13. Ekstranet-bekendstelling
van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 11 April 2024
Covid-19 het die gebruik van tegnologie in die wêreld kom verander. Ons het in dié tyd gesien hoe gemeentes tegnologie gebruik het, nie net om eredienste uit te saai nie, maar ook om Bybelstudiegeleenthede en vergaderings aanlyn te hou. Lees verder
12. Pensioenbydraes aangetoon vir die belastingjaar wat eindig op 28 Februarie 2025
van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 14 Maart 2024
Die belastingvoordeel vir die berekening van die predikant se belasting ten opsigte van die 2024-2025-belastingjaar word vir u in dié skrywe uiteengesit. Lees verder
10. CLS-SA Navorsingsopname 2023/2024
9. ADV Rampfonds – Kombinering met Diakonale Ondersteuningsfonds
van die Sekretaris: Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 8 Maart 2024
Die ADV beskik reeds baie jare lank oor hulpfondse. Twee hiervan is die Rampfonds en die Diakonale Ondersteuningsfonds (tot onlangs die Uitreikfonds genoem). Lees verder
8. Donasies vir ons jaarlikse DPS-gesinskamp
van die Sekretaris: Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 27 Februarie 2024
Dit is weer tyd vir die jaarlikse DPS-gesinskamp gedurende Maart en ons is reeds volstoom aan die beplan om die jaar se kamp weer eens ’n sukses te maak. Lees verder
7. Spesiale deurkollekte: DPS-huise – 3 Maart 2024
van die Sekretaris: Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 22 Februarie 2024
Ons Kerk versorg al kinders vir 100 jaar lank! Dit klink eintlik ongelooflik. Op 3 Augustus 1922 het die Algemene Kerkvergadering besluit dat die Kerk ’n weeshuis sal oprig. Lees verder
6. Betrokkenheid by Skole
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 8 Februarie 2024
Die Moderamen het by hul vergadering gehou op 2 Februarie 2024 kategese en jeugwerk bespreek, en wil predikante en gemeentes op die hart druk om moeite te doen om by skole betrokke te raak. Lees verder
5. Kerkgeld vir Kerkwerkbeleggings: Verhoging in Rentekoerse
van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 5 Februarie 2024
Die Raad van Finansies is bewus van gemeentes en diensorgane se uitdagings om hul finansiële verpligtinge na te kom, en die gepaardgaande steun op die inkomste uit beleggings. Lees verder
4. Sinodale Offergawes: 2024-2025
van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 25 Januarie 2024
Aan die begin van ’n nuwe jaar is ons daarvan bewus dat gemeentes hard besig is met die opstel van hul begroting vir voorlegging aan die finansiële komitee… Lees verder
2. WGGK/WCRC: Global Reformed Advocacy Platforms for Engagement (GRAPE): Aansoeke vir die GRAPE-opleidingsprogram
van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 18 Januarie 2024
Die kantoor van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het die aangehegte dokumentasie ontvang wat ons graag vir predikante en gemeentes se kennisname stuur. U word vriendelik uitgenooi om dit veral onder die aandag van jong lidmate te bring.
Lees die dokumente:
1. Traktement- en orrelisteskale vir 2024/2025; pensioenbydraes en reistoelaes
van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 15 Januarie 2024
Na die Kersreses is dit ongelukkig weer skouer aan die wiel en weet ons dat gemeentes nou druk besig is met begrotings wat op die eerskomende kerkraadsvergadering bespreek en goedgekeur moet word. In die lig hiervan kommunikeer ons graag die besluite van die Raad van Finansies. Lees verder